Gustav Norval

Een van die interresssantste seediere is die seesterre. Meeste het 5 arms en in elke arm is daar twee maagbuise, twee geslagskliere (“gonads) en senuwees. Dan is daar ‘n hidroliese stelsel wat begin as ‘n gaatjie (porie) bo in die middel, wat verbind is met ‘n ringbuis, waaruit 5 ”radiale kanale” onstaan (een vir elke arm.) Elk van die kanale gee oorsprong aan talle fyner sytakkies wat elk verbind is aan ‘n blasie (ampulla) wat eindig in ‘n buisvoetjie. Hiermee loop die seester op rotse rond en beweging word moontlik gemaak deur seewater wat deur die porie in die kanale en buisvoete ingepomp word. Elke buisvoetjie het lengtelopende- en kringspiertjies wat veroorsaak dat ‘n buisvoet langer kan rek of korter word (as die lengtespiertjies saamtrek.) Hierdie spiertjies staan onder beheer van senuwees en maak dat die buisvoetjies op of af, of vorentoe of sywaarts kan beweeg. Wanneer ‘n seester vir iets skrik, word die water skielik uit die kanale uit gepomp wat dan veroorsaak dat die buisvoete almal ingetrek word. Ander seester-variasies behels oa. die Gorgonskop-seester, die doringkroon-seester en die bros-seester soos hieronder aangedui:



Hierdie diere is maar ‘n baie klein deel van die groot biodiversiteit in die see en op land en ons sien ook hierin die verstommende skeppingswonders van ons Vader se almagswerke.