Dr Gustav Norval
Antraks-entstof (BioPort Corp):
Nẚ die groot antraks-brieweskok wat die VSA in 2002 getref het, het die Amerikaanse regering ‘n entstof daarteen vervaardig om Amerikaners te ent as deel van die “War on Terror” veldtog wat daarna losgelaat was. Gelukkig vir die publiek het die House of Representatives Committee on Government Reforms die enstof-program geskraap, omrede toetse aangedui het dat die entstof skadelik is. Maar wie was verantwoordelik vir die antraksbriewe wat aan verskeie lede van die publiek gepos was? Horowitz gee die antwoord: “…the New York Times and Washington Post anthrax mailings most likely derived from drug companies and vaccine makers. The FBI concluded this was not a typical blue collar bioterrorist attack……. The CIA were most implicated” (google: “God’s Medical Malpractice Case Against Vaccine Makers”).
Ene Tim Read (‘n antrakskenner van die Institute of Genomic Research) het die antrakskiemgene in die briewe wat na 5 mense gepos was, vergelyk met die van antrakskieme wat in Fort Detrick bio-oorlogfabriek in Atlanta, Georgia, gekweek word. En presto! Dieselfde kieme, dieselfde genetiese variant, naamlik die sogenaamde Ames-variant van antraks-kieme wat in silikapoeier gestoor word, en wat die US-DoD ontwikkel het o.l.v. die CIA en die Batelle Memorial Institute (google: “Autism Epidemic” en “BBC Broadcasts America’s Bioweapons Culpability but Omits British Ties to the Anthrax Mailings”). Die farmafia het die publiek op hol gehad oor die sogenaamde “anthrax mailings” om die publiek te kondisioneer om enige enstofkonkoksie te aanvaar teen “Al Quida se posbus antraks-aanvalle.” Skelm verby, jy moet toegee.
En toe kom Bayer Corp. en die mediakartel en vertel die publiek dat CIPRO-pille antrhaks regsien. En toe volg ‘n stormloop wat herinner het aan die Klondike-goudkoors, toe al wat leef CIPRO-pille koop om voorraad op te bou teen Al Quida se anthraksmonster-wapen. Sekretaris Thompson koop toe sommer 1,000 miljoen CIPRO van Bayer teen 90c per pil aan, wat beteken dat Bayer oornag $90 miljoen dollers gemaak het! Maar wat die media nie vir sy lesers vertel het nie, is dat daar ander goedkoper antibiotika op die rak is wat athraks ook kan genees en wat nie so skadelik is as CIPRO nie (google: “The American Red Double Cross”). Sekretaris Thompson het ook $500 miljoen belastinggeld van die Amerikaanse Kongres aangevra vir die nuwe ongetoetsde pokentstof waarmee die regering elke Amerikaner wou spuit. Hadron, DynCorp en BMI het vet munt uit hierdie klugspel geslaan. DynCorp het $322 miljoen hiervan gekry om pok- en antraksentstowwe te maak en op te gaar. Wat die media ook verwyg het, was dat die twee senatore wie antraksbriewe in die pos gekry het (Leaky en Daschle) beide skerp gekant was teen die farmafia en militêre industrie. Toevallig?
Die CIPRO-saga was niks anders as ‘n “drug promotion” foefie nie. Praat mense bang in die media en dan sal hulle enigiets doen om die denkbeeldige wolf voor die deur weg te hou: hulle sal toustaan om geënt te word, hulle sal rondhol om pilletjies en kapsules te koop en dans op die deuntjies wat die media onder leiding van die farmafia vir hulle speel. En big business se baronne lag in hul moue oor die onnosel skaapmense wat hulle op hol jaag met allerlei wolhaarstories. So maak die skurke megadollers uit mense se naïewiteit.
Vervolg… (8)