UIT DIE NATUUR

Dr Gustav Norval

Studente in die vak Embriologie, is altyd verras wanneer hulle verneem dat die vroeë embrio’s van gewerwelde diere (d.w.s. visse, paddas, salamanders, reptiele, voëls en soogdiere) en selfs die menslike embrio, baie ooreenstem wat fisiese eienskappe betref - soos die diagram aandui: 

 Ons sien dat elke klas se embrio bestaan uit ‘n kop, lyf met vyf “faringeale boë” (aangedui met ‘n pyl) asook ‘n stert.  Aanvanklik is daar 6 van die boë, maar nommer 5 verdwyn en kom dan direk teen nommer 4 te staan.  Hierdie boë gee later oorsprong aan sekere dele van die dier se kop en nek.  By visse vorm die boë die onderkaak en kieuplate, maar by die mens vorm die boë die kake, kouspiere, oorbeentjies, nekligamente en die hioëdbeen in die keel. 

 Hierdie ooreenstemming in die embrionale bou by die verskeie klasse werweldiere dui geensinds op evolusie soos baie wetenskaplikes glo nie, maar dit toon aan dat YHWH se skepping gebaseer is op ‘n basiese grondplan vir die ontwikkeling van die verskeie organismes.  Die sogenaamde “laer klasse gewerweldes (nl. visse, paddas, salamanders en reptiele) is almal koudbloedig en besit 2 of 3 hartkamers, terwyl die “hoër klasse” gewerweldes (voëls en soogdiere) warmbloedig is en 4 hartkamers besit.

Daar is egter diere wat beskou word as tussenin-vorme en in die verband dink ons aan krokodille (reptiele) wat 4 hartkamers besit.  Daar is ook twee besondere soogdiere  wat eiers lê soos voëls, naamlik die eendbekdier (links) en echidna  (regs onder) :  

In elke klas se embrio, het YHWH ‘n eiesoortige besondere DNS-bloudruk vasgelê, sodat elk verder kan ontwikkel in watter organisme waarvoor dit bestem is.  Alhoewel die Adamiet ontwikkel volgens dieselfde embrionale patroon as visse, paddas, salamanders, voëls en soogdiere, tog het YHWH die Adamiet geformeer met ‘n eiesoortige verhewe siel wat kan redeneer, filosofeer, dink en skep asook ‘n gees wat na YHWH uitroep en ook kan inskakel met die ewigheidswerke van YHWH se skeppingswonders.