VSA-VERKIESING WEER ‘N KLUG

Daar word tans ernstig besin oor die 2022-middeltermynverkiesing in Amerika. Sommige beweer dis alweer ‘n gesteelde verkiesing soos wat met die Trump/Biden-verkiesing gebeur het. Maar oor die algemeen kom die boodskap sterk deur dat die nuwe Kongres ‘n blote aanhangsel van Wall Straat is.             

Die verkiesing het ‘n skerp boodskap aan die Amerikaanse volk gebring. Dat die Republikeinse en Demokratiese Partye slegs marionette vir miljardêrs en multinasionale korporasies is, is baie opsigtelik. Al wat die Biden-regime sover gedoen het was om 'n poppespel vir die publiek op te voer met gevolge wat al meer téén die burgers as vir hulle uitspeel. Daar is geen teken meer van enige besorgdheid oor die bevolking van Amerika nie, en die Grondwet en die oppergesag van die Reg is opsigtelik in 'n vlak graf begrawe.

Die onverwagse sterk vertoning van die Demokratiese Party is opgevoer vir korporatiewe TV. Dieselfde Party is 'n kriminele sindikaat wat die dodelike COVID19-entstof op die Amerikaanse volk afforseer het in die grootste volksmoord sedert die moord op die inboorlinge in die 18de en 19de eeue. Almal weet dat alhoewel die Republikeinse Party net so korrup is, talle mense van plan was om vir hulle te stem as 'n daad van protes.

Die verkiesing was duidelik weer ‘n bedrogspul, en beide die progressiewe en konserwatiewes weet dit goed.

Hierdie nuwe Kongres is geensins in staat om sy grondwetlike rol as die wetgewende tak van die regering vol te staan nie, want dit funksioneer as 'n blote aanhangsel van Wall Straat. Niemand gee regtig om of die politici rooi, blou of pers is nie. Daar is bloot ‘n alternatief gegee om voor te stem – een wat 'n globalistiese, tegno-fascistiese voorstander van geslagsvermenging is, wat deur middel van ‘n politieke geheime operasie  (deur BlackRock en Israeliese private intelligensiefirmas) bestuur is. Of jy stem vir 'n reaksionêre, rassistiese en militaristiese FBI-geleide groep wat hulle operasie deur Koch Industries en Lockheed Martin befonds het.

Maar so erg soos daardie valse keuse tussen die twee Partye ook al was, was dit nie die ergste van die hele klug nie. Erger is dat dit nou duidelik geword het dat globale finansiële instansies groot ekonomiese en politieke chaos in die Verenigde State skep om militêre heerskappy te regverdig, die Amerikaanse samelewing opsetlik te vernietig, alle funksionele instellings te verpletter, en reeds logistiek en vervoer tot stilstand gebring het. Dit is gruwelike verraad teenoor die burgers van Amerika – dit alles is bewerkstellig om groot winste vir premium beleggers op te lewer.

Hierdie Demokratiese Republikeinse kulturele identiteitsvertoning het veels te ver gegaan. Die verarming van die bevolking sal binnekort vir almal duidelik word. Dit sal lei tot ‘n staat van plundering, moord en querilla-oorlog waarvoor baie Amerikaners hulle lankal voorberei het deur kos en noodvoorrade op te berg. Mag diegene wat hierdie insig betyds gehad het die Here se beskerming ontvang want hulle lewens sal niks werd wees wanneer die honger gepeupel op hulle toesak nie.