Amerika is gewoonlik eerste met nuwe dinge en ook die grootste, doen alles in oortreffende trap, so spog hulle dikwels self daarmee deur middel van geykte uitdrukkings. Dit is ook nou van toepassing in die haglike toestand van versnellende inflasie en duisende mense wat hulself werkloos en haweloos bevind.
Hiervoor het die Biden-administrasie gesorg toe hulle begin het om vervoerkontrakteurs te verbied om produkte te lewer. Van die eerstes was kunsmis sodat boere nie verder kon plant nie, later ook vars produkte en ander noodsaaklike lewensmiddele tot die meeste kleinhandelaars se rakke feitlik leeg was.
Biden en sy bende is seker die Nuwe Wêreldorde se getrouste groep marionette wat geen steen onaangeroer laat nie om die NWO so gou moontlik aan bewind te help stel. Die wêreldbevolking moet mos uitgewis word tot ‘n maksimum van 500 miljoen en die giftige “inenting” is nie die enigste wyse waarop dit geskied nie; hongersnood en misdaad sal die proses ernstig versnel.
Satan sorg dat sy handlangers volgens alle fasette van sy plan handel, so het die burokratiese genieë in Illinois – wat gewoonlik misdadigers ondersteun en die wetsgehoorsames straf – ook onlangs die "SAFE-T Act" aanvaar en onderteken wat dit vir die polisie onmoontlik maak om plakkers en betreders van private eiendom te verwyder. Klink so bietjie na een van Suid-Afrika se hoofpyne né. Met ander woorde, die hawelose massas kan binnekort in enige huis van hulle keuse intrek en die polisie sal hulle nie kan verwyder nie.
Intussen spring plakkerskampe vir haweloses regoor die VSA soos paddastoele op. Op die oomblik brei dit vinnig uit in stede soos Los Angeles, Atlanta, Philadelphia en Oakland. Ons kan dit seker vergelyk met die blanke plakkerskampe wat in Suid-Afrika ontstaan het nadat die ANC-regime die land oorgeneem het, blankes se poste aan swartes gegee en inflasie hemelhoog laat styg het.
Die direkte gevolg van die toestand in geheel is natuurlik ongehoorde styging in misdaadsyfers. Die Epoch Times berig oor "Die groeiende bedreiging van georganiseerde kleinhandelmisdaad," met verwysing na bestaande "ORC-ringe" (Organized Retail Crime) wat al hoe méér en kragtiger word in stede regoor Amerika. Om te oorleef, wend talle van die haweloses hulle tot kleinhandeldiefstal van allerhande goedere, veral kos van plaaslike kleinhandelondernemings waar daar wel nog voorraad is.
Teen die tempo van diefstal en geen nuwe voorrade, sal dit nie lank wees voor die voorspelde tydperk van querilla-oorlog vir Amerika aanbreek nie. Dit sal ‘n algehele ineenstorting van die laaste staande strukture meebring wat die apokaliptiese era sal inlei.
En in hierdie afgetakelde toestand sal Amerika die Derde Wêreldoorlog ingaan waar hy letterlik verwoes sal word. Nooit weer sal die VSA die groot wêreldmoondheid wees wat dit was nie. En dít eiehandig deur homself (sy leiers) aangebring! Klink dit bekend? Suid-Afrika self staan op die randjie van ‘n soortgelyke toestand, dit ook deur sy “leiers” veroorsaak. Is ons gereed om die ineenstorting te oorleef?