'N STAP NADER AAN NWO-REGERING

Die volgende stap nader aan ‘n wêreld onder beheer van die Nuwe Wêreldorde het gister, 21 Maart plaasgevind. En soos ons met die gifinspuitings gesien het hoe mense se oë toe is vir die waarheid, sien ons dit ook nou met mense se hartlike verwelkoming van kripto-geldeenhede.

Sjina het gister die stap geneem om 'n sekere kripto-geldeenheid as Sjina se amptelike muntstuk aan te neem.

Die voorkeurfirma vir die aankoop en bemarking van hul nuwe muntstuk is die YuanPay Group en die muntstuk, die yuan, is tans gelyk aan R1.44 in ons Suid-Afrikaanse geldeenheid. Maar elke keer as 'n groot korporasie selfs net 'n klein vennootskap met 'n individuele kripto-geldeenheid aankondig, skiet daardie munt se waarde die hoogte in. Nou sal Sjina se muntstuk van baie mense feitlik oornag miljoenêrs maak.

Die feit dat dit Sjina is wat hierdie stap eerste geneem het is veelseggend. Sjina stap saam met die VSA voor op die pad om in te skakel by die Nuwe Wêreldorde. Sjina was ook die eerste land waar kontant heeltemal mee weggedoen is en die bevolking lank reeds slegs ‘n digitale vorm van koop en verkoop toegelaat word.

Kripto-geldeenhede maak dit moontlik om revolusionêre blokkettingtegnologie tot stand te bring. Deur gebruik te maak van kriptografie en die rekenkrag van algoritmes, skep 'n netwerk van gekoppelde rekenaars nou 'n digitale rekord van transaksies wat oral op die internet gemaak word – 'n blokketting.

Kripto- geldeenhede is nie geld nie – dit is die internet van geld. Dit is 'n nuwe voertuig vir finansies wat gedesentraliseerde en ontwrigtende toestande toestemmingloos moontlik maak. Kripto-geldeenhede is geskep om as 'n aanlyn geldeenheid gebruik te word – kwansuis oor die gemak en veiligheid daarvan. Nog ‘n groot trekpleister van kripto-geldeenhede is dat dit onafhanklik staan en nie deur banke of regerings beheer is nie maar dit was ‘n tussenin fase. Hier het Sjina nou bewys dat die plan daarmee vir regerings is om hierdie gesofistikeerde stelsel binne die Nuwe Wêreldorde aan te wend.

Soos beplan deur die wêreldgeldmagte sal die ekonomiese orde van die wêreld radikaal deur hierdie internetgebaseerde geldeenhede hervorm word tot die staat waarin dit vir die Nuwe Wêreldorde honderd persent bruikbaar is om sy eeuelange ideaal te verwesenlik om ekonomiese beheer oor elke individu en organisasie in die wêreld te bekom.

Indien kopers van kripto-geldeenhede besef dat dit ‘n middel tot die doel is om slawe van hulle te maak sou hulle minder opgewonde wees oor die rykdomme wat die eenhede beloof. Geen geld ter wêreld kan die vryheid van ‘n volk of ‘n land koop nie!