TIEN UIT TIEN VIR POETIN!

Dit is nie net Amerika wat sankies kan toepas nie, so het hulle pas self uitgevind. Rusland het Dinsdag die Amerikaanse president Joe Biden (bo-aan lys), dan Tony Blinken, minister van buitelandse sake, Lloyd Austin, minister van verdediging, stafhoof-voorsitter genl. Mark Milley, nasionale veiligheidsadviseur Jake Sullivan, CIA-direkteur William Burns, en die Withuis se perssekretaris Jen Psaki op hulle sanksielys geplaas. Verder op die lys is die voormalige minister van buitelandse sake Hillary Clinton en Biden se seun Hunter – wie se transaksies met 'n Oekraïense energiefirma voorheen bevraagteken en gekritiseer is. Nog agt ander administrasie-amptenare en politieke figure word genoem. Die persone op hierdie lys word toegang tot die Russiese Federasie geweier. Die Kremlin se verklaring het egter gesê dat Moskou nie kontak met Amerikaanse amptenare sal uitsluit "as hulle aan ons nasionale belange voldoen nie."

Dit het gekom nadat Washington top Russiese leiers op die swartlys geplaas het, insluitend president Vladimir Poetin. In die byna drie weke sedert die begin van sy militêre offensief in die Oekraïne, het Rusland die wêreld se mees gesanksioneerde nasie geword maar as Amerika nie mooi trap nie word hý dalk die land met die meeste sanksies teen hom want die Russe kry nou maar swaar sonder finansiële instellings soos Visa en Mastercard wat uit die land onttrek het. Daar is darem een goeie ding al sou hulle nie saamstem nie en dit is dat hulle van hier af moontlik fisies ‘n gesonder volk sal wees nadat ikoniese Westerse handelsmerke soos McDonald’s en Coca-Cola ook die land uit is...

Meer name sal glo “in die nabye toekoms” by die lys gevoeg word en Rusland het gewaarsku dat “top Amerikaanse amptenare, militêre amptenare, wetgewers, sakemanne, kundiges en mediapersoonlikhede wat Russofobies is of bydra tot die aanhitsing van haat teenoor Rusland” ook op die swartlys geplaas sal word. Mens mag hoop dat Poetin ook die verraderlike Brittanje op daardie lys behoorlik sal bykom.

Tien uit tien vir Poetin! Hy staan vas en glo sy volk sal die pyp rook. Met so ‘n leier kan ‘n volk staan en soms val, maar sal altyd weer opstaan.