WIL JY NOU MEER!

Vladimir Putin, het op 48 jarige ouderdom in 2000 die President van Rusland geword waar hy ook ‘n groot voorstander was van die Kommunisme en ‘n hele ander klomp “verligte” sake. Hy sou tot 2024 as president aanbly.

Twintig jaar later het Putin daarin geslaag om 160 van sy Russiese politici te oorreed om hom vir nog twee termyne te laat aanbly in die Kremlin. Slegs een het daarteen gestem en drie het buite stemming gebly. Dit beteken dat Putin tot 2036 op die ouderdom van 83 die President van Rusland sal wees.

Met hierdie verloop het dit duidelik geword dat Putin nog baie veranderinge vir Rusland in die vooruitsig stel. Dat dit te make het met wat in Januarie toe hy ‘n skokkende ontdekking oor seker Russiese politici gemaak het, staan vas.

Op 10 Maart het die Duma, die Russiese Parlement, ‘n meerderheidstem uitgebring in die guns van Putin vir die moontlike konstitusionele veranderinge wat hy wil aanbring. Dit sal hom ook toelaat om tot 2036 aan bewind te bly wat genoeg tyd behoort te wees vir die veranderinge wat hy wil aanbring.

Die Parlement moet nog eers stem of die veranderinge wat Putin wil aanbring werklik konstitueel reg is. Op 22 April sal daar oor ‘n hele paar sake uitsluitsel verkry moet word. Maar vir die meer tradisionele Russe blyk daaroor nie veel twyfel te wees of Putin die regte pad stap nie. Hulle voel onder andere dat dit die regte ding is om die Russiese Reg hoër te ag as die Internasionale Reg, asook dat staatspensioene nie onderhewig aan inflasie moet wees nie.

En dan kom die laaste twee moontlike veranderinge tot mens se totale verbasing: Waar Rusland voorheen die godlose Kommunistiese aanvoerder was in teenstelling met Suid-Afrika, die land met ‘n grondwet waarin God se almag erken is, wil Putin nou dat God in hulle grondwet ingeskryf word terwyl Suid-Afrika tans die kommunistiese land sonder erkenning van God in die huidige grondwet is.

En laaste maar ook nie die minste nie: Putin wil homoseksuele verhoudings dmv die grondwet verbied.

Wil jy nou meer!