Dr JJ Snyman
'n Soewereine staat word tradisioneel beskou as 'n onafhanklike juridiese entiteit verteenwoordig deur 'n sentrale regering wat gesag uitoefen oor 'n geografiese area met 'n permanente bevolking en wat die vermoë het om buitelandse betrekkinge aan te knoop. Daarby dat dit dit deur minstens een ander staat erken word.
Tans het 193 state sittingsreg in die Verenigde Nasies.
Dan is daar entiteite wat as soewereine subjekte van die internasionale reg beskou word en wat waarnemerstatus in die VVO geniet.
Een so 'n "staat" is die Soereine Militêre Orde van Malta of soos hy amptelik bekend staan The Sovereign Military Order of Saint John of Jerusalem of Rhodes and of Malta. Dit is 'n Rooms Katolike religieuse orde. Dit het sy eie vlag, landswapen, volkslied en geldeenheid. Sy setel is Rome en meer bepaald twee geboue in Rome.
Hierdie staat het tans net twee burgers maar sowat 13 500 lede wêreldwyd en 42 000 werknemers. Die hoof van die staat se titel is Prins en Grootmeester en word lewenslank verkies. Die staat bestaan sedert 1099 en is in Jerusalem gestig.
Wat is die doel van die staat? Amptelik is dit die verdediger van die Katolieke geloof. Dit het diplomatieke betrekkinge met 107 state, sluit verdrae met ander state, reik sy eie paspoorte uit, het ambassades in ander state en funksioneer inderdaad soos 'n staat.
Nou waarom dan so 'n staat? Wel, ek dink dis bewys van die feit dat soewereine entiteite nie state in die gewone verstaan van die begrip hoef te wees nie. Professor Rebecca Wallace het reeds in 1986 in haar boek oor die Internasionale Reg die standpunt gehuldig en noem hierdie staat as voorbeeld.
State sal gestig word met 'n bepaalde doel en om as voertuig te dien om vir sy burgers maksimale voordeel in die internasionale arena te bekom met die minimum burokratiese rompslomp.
DIE SOEWEREINE MILITÊRE ORDE VAN MALTA