Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ware skoonheid sal jy eers kan raaksien wanneer dit reeds in jou hart is...
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (25)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
"Those who can win a war well can rarely make a good peace, and those who could make a good peace would never have won the war."
-Winston Churchill
*
Is this an implosion or a deployment?
Two clear points of view emerging in the analysis of Floyd Shivambu and others leaving the EFF for MK. Either it's the beginning of the end for Julius Malema's party or it's a long term plan for progressive forces to align ahead of 2029.
Niemand staan in die oggend op met die wete dat hy of sy gaan sterf nie, behalwe met uitsondering soos terminaal siekes, mense met selfmoordneigings of diegene wat tereggestel gaan word en van laasgenoemdes leef steeds met ‘n stukkie hoop dat iemand op die laaste oomblik tussen beide sal tree.
Maya se lewe speel nie voor haar af nie, soos baie mense beweer gebeur op jou laaste oomblikke in hierdie lewe. Al wat sy voel is ‘n diepe gelatenheid, en ‘n ervaring dat haar werk onafgehandel is.
Sy weet skielik dat sy iets het om voor te lewe, behalwe vir die selfopgelegde taak van veg en skiet. Vir die eerste maal in haar lewe weet sy dat sy iemand liefhet en in hierdie geval vir Arno van Deventer. Vreemd, dat dit juis hy is. Indien sy ‘n paar maande gelede gekonfronteer sou word hiermee, sou sy gedink het dit is absurd. In werklikheid het sy al vrede gemaak met ‘n gevoel dat liefde nie vir haar beskore sou wees nie. Natuurlik was daar vantevore manne in haar lewe, maar nie een van hulle het enige blywende indruk op haar gemaak nie.
Ten spyte daarvan dat Arno alles is wat sy gedink het haar nie sou raak nie, weet sy nou onweerlegbaar dat sy hom liefhet, ten spyte daarvan dat hy reeds getroud is, of was – niemand weet of Bessie nog lewe nie – dat hy in wese ‘n nerd is (is daar ‘n Afrikaanse woord daarvoor?), dat hy nie meer jonk is nie, doktorsgrade het in ‘n simpel ding soos filosofie, dat hy dalk nie so oor haar sou voel nie...
Nogtans, ten spyte daarvan dat sy weet dit ‘n futiele poging, probeer sy die Glock optel en ‘n skoot afkry op die grinnikende man voor haar, met sy Ariese blonde hare, sterkgebeitelde gelaatstrekke en gladgeskeerde wange, maar sy weet dis te laat. Sy hoop hy skiet haar nie in die gesig nie, iets wat enige vrou, mooi of nie, wil hê nie. Sy trek onwillekeurig haar spiere saam, asof dit haar enigsins sal beskerm teen die vinnige 5,56 millimeter rondtes van die R5.
Tot haar verbasing vou die man voor haar soos ‘n lappop wat laat val word, die geweer gaan af, maar die sarsie skiet regs en hoog by haar verby. Die man se aantreklike gesig verdwyn in ‘n waas van bloed en been. Eers as hy besig is om te val, hoor sy die veraf knal van ‘n geweer.
*
“Dis te ver, Neef.”
Nicolaas antwoord nie, maar druk die ou roer stywer teen sy skouer, beweeg sy wang ‘n paar millimeter agtertoe, sodat hy ‘n perfekte teikenprentjie het. Hy het gesien toe die blonde man halfgebukkend skuil agter die rots en Maya, onbewus van sy teenwoordigheid, naderkom. Die skote uit haar pistool is op die afstand plat en net-net hoorbaar.
Die sneller “breek” bros en presies, soos ‘n Simba-tjippie, as hy die sneller trek.
Die .40 kaliber 320 grein koeël trek sekuur en suiwer. Daar gaan ‘n paar oomblikke verby en dit klink amper of daar ‘n suisgeluid is, soos dit oor die vlakte vlieg en op ‘n afstand van net onder ‘n kilometer vasslaan.
Dit tref Heinz von Kleibel reg onder sy skedel, presies waar die medulla oblongata sit en die man se hele senustelsel skakel onmiddellik af.
“Vatso, jou witkop duiwel!”
*
“Oom Skeer, is dit nou verby?”
“Dit is, my seun.”
“Wat gaan ons nou doen?”
“As ons hier gehelp het opruim, gaan ons saam met oom Nicodemus terug Berg toe en as dit rustig is, gaan haal ons ons goud.”