Kriewelkop
U sal onthou ons het onlangs berig oor Iran wat so intelligensiedig is dat nie veel van sy kerninligting uitlek nie maar ook dat Iran wel tans minstens twee uraanverrykkingsaanlegte in volle werking het. Ons het ook gemeld dat Iran klaarblyklik binne vyf jaar genoeg kern- en biologiese wapens vervaardig kan hê om 'n wêreloorlog die hoof te kan bied. Israel wat in angs en bewing staan oor hierdie nuus, het by Amerika gaan huil en natuurlik kon Obama nie wag om Iran te probeer boikot nie. Daarom het hy 'n wêreldverbod vir talle lande met die uitsondering van 11, gehef op die uitvoer van olie uit Iran. Ook Suid-Afrika moet glo vanaf 1 Julie sy 26% olie wat hy van Iran invoer staak.
Nuus ter aansluiting daarby is Pakistan wat nou 'n intermediêre ballistiese kernmissiel Woensdag suksesvol getoets het en dit minder as 'n week na Indië 'n langafstandmissiel afgevuur het. Magsvertoon? Die wêreld kom dus aan die brand met hulle toetsings en blootstellings van kernwapens, 'n teken van die tyd wat vir baie van ons 'n verrassing sal wees. Die presiese omvang van die missiel van Pakistan is nie bekendgemaak nie, maar afgetrede generaal Talat Masood, 'n ontleder van verdediging, het aan AFP gesê dit sal in staat wees om teikens te tref tot 2500 tot 3000 km weg, met Indië goed binne bereik.
Indië het pas sy Agni V-missiel getoets, wat 'n een-ton kernkop oral in China kan aflewer. Die hoof van Indië se missielprojek is Tessy Thomas, 'n vrouewetenskaplike.
"Pakistan het vandag die bekendstelling van die intermediêre ballistiese missiel Hatf IV Shaheen-1A-wapenstelsel suksesvol getoets," het die weermag in 'n verklaring gesê.
Indië en Pakistan - wat drie oorloë geveg het sedert onafhanklikheid van Brittanje in 1947 - het gereeld missieltoetse sedert beide 'n kernvermoë in 1998 erken het.