NOG 'N PLAAS GESTEEL

Die pad wat Suid-Afrika vinniger as Zim hardloop...

’n Bejaarde vrou van Bulawayo het Dinsdag (6 Desember 2011) toegekyk terwyl besetters die laaste deel van haar plaas ingeneem het.

Luidens ’n berig in Beeld (7 Desember 2011) het besetters reeds sedert 2000 sowat driekwart van mev Rose Androliakos en haar man, Nicholas, se plaas van 10 000 ha naby Figtree "ingeneem" - maar die korrekte term sou 'steel' wees.

Die 79-jarige Androliakos en haar familie is verlede week gewaarsku dat hul plaas, Maredale, aan 'n swarte, ene Maclean Bala van die Lupane-universiteit en Tabane Ndlovu, sogenaamd  ’n grootkop by Wankey Colliery, die plaaslike steenkoolaanleg, toegeken is.

Mnr. Mark Androliakos, Rose se seun, sê ondanks die 2009-ooreenskoms tussen dié land se politieke partye wat besetting onwettig verklaar, ontvang sommige boere tans briewe wat sê die regering het die plaas aan ’n spesifieke individu toegeken - gronddiefstal gaan nou in al sy felheid voort deur korrupsie, aanranding, intimidering, leuens, en alle vorme van barbarisme. Selfs die briewe aan die boere, wat die stempel van die minister van landbou en grondhervorming moet dra, word meestal deur swart junior amptenare uitgereik.

Tientalle plase is al sedert dié ooreenkoms gegryp. Die howe weier om hulle oor dié briewe uit te spreek omdat regters gewoonlik aan die ontvangkant van die Zanu-PF staan. Die MDC wil hom glo ook nie oor die besettings uitspreek nie, want hy is bang hy verloor stemme.

Die Androliakos-gesin het Dinsdag ’n interdik teen die besetters gekry, maar volgens die koerant het besetters terselfdertyd op die plaas opgedaag en die hek se slotte met ’n byl afgekap. ’n  Vragmotor het toe die plaas ingery en van die beeste opgelaai en daarmee weggery. Mev Androliakos bly tans by haar kinders in Bulawayo.

Dit is die pad wat Suid-Afrika nie net stap nie maar met spoed hardloop - intimidering, diefstal, wreedaardige aanranding op blankes, uitmoor van eerstens elke plaasboer maar ook elke witman: dit is die swart ideaal wat besig is om te verwesenlik terwyl die wêreld toekyk.