Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet jy dat Jesus ook vir jou bid? As kinders van God is ons ook sy dissipels wat sy Woord uitdra deur wat ons sê en doen, en vir sy dissipels bid Jesus in Joh 17: "Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U aan my gegee het, omdat hulle aan U behoort...Ek het hulle u Woord gegee en die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie van dié wêreld is nie...maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir dié deur hulle woord in My sal glo."
Laat ons dan ons woorde só kies en uitdra dat daar nog baie sal kom vir wie Jesus ook sal bid; jy kry die wonderlike geleentheid om nog dissipels vir Jesus te maak.