Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Wyse volksleier tree nie oorhaastig op nie, maar dink deeglik na alvorens hy reageer. Hy veronagsaam ook nie voor die handliggende feite nie. Wysheid is ‘n gawe van God. “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid.... en dit sal aan hom gegee word” (Jak.1:5)
OPSTANDE IN DUITS-WES-AFRIKA (3)
Hendrik Smit en gesin
Gedurende 1889 het Hendrik Smit van Piketberg die gebied noord van die Oranjerivier besoek en mense oorgehaal om daarheen te trek. Op 6 Oktober 1890 het Hendrik Smit, Frans Smit, Pieter Brand, Jasper Coetzee en Hendrik Turner se waens uit Zoutkuil naby Piketberg na Suid-Wes-Afrika vertrek. Hulle was gevolg deur Van der Merwe, J van Lille, Esterhuizen, Van der Linden, Mostert, Potgieter, Vd Westhuizen, Burgers, Kotze, Coetzee, Maritz, Dreyer, Nieuwoudt, Gouws, Rossouw, Steyn en Uys se gesinne. Ene Spangenberg het as tolk vir die trekkers opgtree om met die Bondelswarts kaptein Willem Christiaan by Warmbad oor grond te onderhandel. Hy was ‘n vlugteling uit die Kaap, ‘n geweersmous woonagtig by die Bondelswarts en was met een van hul vroue getroud. Tydens die Bondelswarts-opstand het die Duitsers hom voëlvry verklaar en ’n £100 prys op sy kop geplaas. Hy moes deurentyd na Botswana uitwyk om die Polisie te ontwyk, waar hy by die berugte perdedief, Scottie Smith, weggekruip het. Die trekkers had daarna vele las van diewery en die Duitsers kon nie hulp verleen nie, aangesien hul garnisoen te ver daarvan geleë was. Die trekkers het twee jaar daar uitgehou en toe suidwaarts na die Keetmanshoop- en Karasbergdistrikte verhuis.
Witbooi het by sy swaer, die Skot, Robert Duncan, die winkelier te Keetmanshoop, 70 000 patrone, 1 200 pond kruit en 7 000 pond lood gekoop, waarna “koning Witbooi” hom by Hoornkrans gevestig het met 4 000 Herero-beeste. Die Duitsers het in dié tyd die invoer en wapenverkope aan inboorlinge belet. Hauptman Curt von Francois was na Witbooi gestuur om Witbooi met geld oor te haal om te teken, maar hy het weereens geweier en gesê dat Afrika aan die inheemse mense behoort. Die Namas was ook nie bereid om as werkers vir Duitse koloniste te dien nie.
Von Francois en Leutwein het met 250 Schutztruppen-soldate die Witkams op 12 April 1893 aangeval en weer op 11 Mei 1893 by hul basis te Hoornkranz, 120 kilometers suid-wes van Windhoek en 88 mans, vrouens en kinders gedood ten koste van twee Duitse soldate. Die Duitse hoofoffisere in die stryd teen die inboorlinge was:
Von Deimling Von der Heyde Von Francois Leutwein Lothar von Trotha Von Esdorf
Witbooi het die Duitse troepe op 20 Mei naby Naos en weer op 25 Mei 1893 te Windhoek aangeval. Witbooi het daarna by die Britte vir nog gewere gepleit. Meer gevegte het gevolg soos die by Gurumanas (10 Julie), Swakop (Augustus) en Kubus-stasie naby Aus (6 November). Von Francois het die Nama-basis op 24 September en weer op 7 Desember aangeval, terwyl Witbooi en sy Witkams die Duitsers by Noukloof op 24 Januarie 1894 verinneweer het.
Witbooi en sy Witkams met witlappe om die hoede
Op 7 Augustus 1894 het Maj. Leutwein met 800 Schutstruppen die Witkams op Noukloof aangeval en verslaan. Witbooi het na vele gevegte met die Duitse soldate en aanvalle op plaasboere aan administrateur Leutwein op 15 September onvoorwaardelik oorgegee en die traktaat geteken. Meeste van sy stam se vrouens en kinders was eers in kampe aangehou en daarna na Gibeon verplaas. Witbooi het die Britse magistraat in Walvisbaai se beskerming teen die Boere gevra, wat olv Hendrik Smit uit Piketberg besig was om in die suide van Namibië in die Visrivier- en Gibeon-streke in te trek. Maherero snr het op 22 Oktober 1894 ‘n verdrag geteken, waarin hy en sy land onder Duitse beskerming geplaas is. Tussen 1895 en 1904 het Witbooi en sy Witkams die Duitsers gehelp om opstande van ander inheemse stamme soos die van Marenga, Bondelswarts-stam, Khamas-Basters en Herero’s te onderdruk. Tydens 1897 het runderpes onder die vee uitgebreek en baie skade veroorsaak, terwyl die goeie reëns van 1898 weer malaria tot gevolg gehad het. ‘n Gemeente en skool by Kub was gestig deur ds. DS Botha en skoolmeester Kooy.
Kooy Maherero snr Samuel Maharero