08 FEBRUARIE 2013

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na. Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke.
Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan hartafdrukke na te laat. Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,  van begrip en liefde, van barmhartigheid en belangstelling.  Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en van opregte betrokkenheid.  Mag my hart 'n ander hart aanraak  en 'n afdruk van u liefde laat.  En as iemand sou sĂȘ: "Jou aanraking het my vandag versterk"  laat hulle agterbly met die wete dat dit u Liefde was wat hul in my ervaar het.