Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Martin Luther het tereg gesê dat ons pyn en lyding nie die naam lyding werd is nie. Hy skaam hom om sy lyding enigsins met die lyding van Jesus te vergelyk!
VOLKSVERSET: WAAR MOET ONS BEGIN?
Jann Schlebush
Daar is weer lewe onder ons volk! Ons is so dankbaar teenoor ons hemelse Vader dat daar nou onder ons volk oral groepe en mense in beweging en in verset kom teen die multikulturele imperiale gruwel waarin ons volk ons bevind.
Maar as ons enigsins oorweeg om ons te verset, moet ons eers verstaan waarom ons volk ons in hierdie multikulturele imperiale gruwel bevind.
As ons Jesaja 1 lees, sien ons ‘n baie duidelike ooreenkoms met die hudige toestand van die Boerevolk.
“Jes1:2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE [JHWH] spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.
3 ‘n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.
4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het JHWH verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.
5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.
6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.
7 Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes.
8 En die dogter van Sion het oorgebly soos ‘n skermpie in ‘n wingerd, soos ‘n slaapplekkie in ‘n komkommertuin, soos ‘n beleërde stad.”
In ons teks uit Jes 1 sê ons Vader dat sy volk Hom verlaat het. Is die teks nie treffend van toepassing op die Boerevolk vandag nie?
Baie mense weier om te aanvaar dat ‘n goeie God sy volk sal straf met ‘n volksvreemde owerheid. Hulle redeneer dat dit maar net swak politieke besluite was en in elk geval die noodwendige werklikheid dat ‘n meerderheid oor ‘n minderheid moet regeer.
Maar ons lees in Amos 3:6 “Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as JHWH dit nie bewerk het nie?”
En in Neh 13:18 lees ons: “Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja, julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die sabbat te ontheilig!”
Daarom leer die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 13:
OOR DIE VOORSIENIGHEID VAN GOD EN DIE REGERING VAN ALLE DINGE
Ons glo dat die goeie God, nadat Hy alle dinge geskape het, hulle nie laat vaar het of aan die toeval of geluk oorgegee het nie , maar hulle na sy heilige wil so bestuur en regeer ... dat in hierdie wêreld niks sonder sy beskikking gebeur nie ... Want sy mag en goedheid is so groot en onbegryplik dat Hy sy werk baie goed en regverdig beskik en doen, selfs wanneer die duiwels en die goddelose onregverdig handel ... dat niks by toeval oor ons kan kom nie, maar deur die beskikking van ons goeie hemelse Vader, wat oor ons waak met 'n vaderlike sorg en alle skepsele só onder sy heerskappy hou dat nie een haar van ons hoof – want hulle is almal getel – ook nie een mossie op die aarde kan val nie sonder die wil van onse Vader ...
---------------------------------------------------------------------------------------
Dit is dan ook die konteks van 2Kron 7:14 wat so kwistig aangehaal word, maar dan buite konteks individualisties aangebied word.
2Kron 7:13) “As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, :14) en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
Telkens wanneer Israel van God weggedwaal het, het Hy hulle aan ‘n vreemde owerheid onderwerp. In Jesaja 10 noem hy die vreemde owerheid ‘n stok in sy hand waarmee Hy sy volk tugtig.
In Dt 28 spel die Here sy Verbondsbeloftes van seën en straf uit – en ons sien al hierdie vloeke vandag oor ons eie volk kom. Het die ware, Gereformeerde leer nie (soos in Jes 1:8) oorgebly soos ‘n skermpie in ‘n wingerd, soos ‘n slaapplekkie in ‘n komkommertuin nie? Die hoofstroomkerke het humanisties geword en verkondig dwaalleringe.
Dan gaan Jesaia 1 verder:
“10 Hoor die woord van JHWH, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra! (net so kan die Boerevolk vandag vergelyk word met Sodom en Gomorra)
...
12 As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis—om my voorhowe te vertrap?
13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!
...
15 En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.
16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,
17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê JHWH: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van JHWH het dit gespreek.”
Ons moet as volk voor ons God verootmoedig en ons volksondes voor Hom bely.
Ons moet die sondes by die naam noem en ons volk daarmee voor God stel. Dan moet ons daaroor belydenis doen en onderneem om ons volk te lei op ‘n pad terug na gehoorsaamheid aan Hom.
• Materialisme (lewe bo ons inkomste; bederf ons kinders o a met duur matriekafskeidrokke, huweliksonthale ens);
• Luiheid en gemaksug (wat lei tot afhanklikheid van vreemde arbeid en armoede onder ons volksgenote);
• Alkoholmisbruik wat deel van ons kultuur geword het;
• Losbandigheid;
• Liberale Godsdiens en gedienstigheid aan Marxisme (aanvaar Marxisme se beskuldiging dat rasisme, apartheid en seksisme sonde is);
• Ongeloof: Die heersende beskouing onder ons volk is dat dit onrealisties is om ons te beywer vir volksvryheid, want dit is onmoonlik – waarop ons Here antwoord: Jes 50:2(b) Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ‘n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
En in Jes 59:1-3 Kyk, die hand van JHWH is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. Want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid; julle lippe spreek leuen, julle tong fluister onreg.
- Sabbatontheiliging: Jes 58:13 As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van JHWH hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; :14 dan sal jy jou verlustig in JHWH, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van JHWH het dit gespreek.
- Wat kyk ons volkop TV en sosiale media? Behaag dit ons Vader, of drink ons die gif wat die duiwel daar opdis?
Hierdie is maar net ‘n paar van vele volksondes. Voeg asb by.
Ons moet primêr teen ons eie volksonde en afvalligheid in verset kom – sodat ons aan God se kant kan kom. Anders sal ons verset teen God self wees.