deur Antropoloog
Wat is Ras-Instink?
Ras-instink is die instinkte wat deur ʼn geneties verwante groep mense oorgeërf word. Dié tipe instink is dus nie die produk van individuele ervaring of kondisionering nie. Die tipe herinneringe wat by ras-instinkte ter sprake is, is ook nie herinneringe van spesifieke gebeure nie, maar wel die kollektief oorgeërfde versameling herinneringe van ʼn geneties verwante groep mense wat maak dat individue van die groep op ʼn sekere manier op sekere stimuli reageer.
Richard Semon
Die besef dat daar so iets soos ʼn ras-instink bestaan, kan teruggevoer word na die Duitse dierkundige en ewolusionêre bioloog Richard Wolfgang Semon (1859 – 1918). Hy het net soos Lamarck geglo dat die verkreë eienskappe van ʼn individu na sy nageslag oorgedra kan word.
Semon het gemeen dat elke psigologiese staat met aanpassings in die senuweestelsel gepaard gaan. Hy het sy idee van die mneme (gebaseer op die Griekse godin Mneme, die muse van geheue) uiteengesit in sy werk “The Mneme” (1921). Die mneme stel die geheue van ʼn eksterne-na-interne ervaring voor. Die gevolglike “mnemiese nalatenskap” (geheuespoor in die brein of ʼn “engram”) word dan weer opgeroep wanneer ʼn element wat ooreenstem met ʼn komponent van die oorspronklike kompleks stimuli ervaar word. Semon se mnemiese beginsel was dus gebaseer op die aanname dat sekere stimuli maklik ʼn permanente geskrewe of gegraveerde rekord op sekere substans nalaat en in hierdie geval op sellulêre materiaal wat biologies vir so ʼn inskripsie vatbaar is.
Carl Jung
Die gedagte van ʼn ras-instink het met die navorsing van die Switserse psigoloog Carl Gustav Jung (1875 – 1961) egter eers werklik beslag gekry. Anders as Semon het Jung weggedoen met die Lamarckiaanse benadering en die ras-instink aan die kollektiewe onbewuste gekoppel.
Volgens Jung kan die menslike psige in ʼn bewuste (die bewustelike persepsies, herinneringe, gedagtes en gevoelens van ʼn individu), ʼn persoonlike onbewuste (die onderdrukte en vergete herinneringe, gedagtes en traumas van ʼn individu) en ʼn kollektiewe onbewuste onderverdeel word. In sy werk “Archetypes and the Collective Unconscious” (1959) postuleer Jung dat die kollektiewe onbewuste kollektief, universeel en onpersoonlik van aard is. Die kollektiewe onbewuste bevat oorgeërfde gevoelens, gedagtes en herinneringe wat hy basiese denkbeelde of te wel argetipes noem. Die kollektiewe onbewuste is nie soos die bewuste en persoonlike onbewuste afhanklik van die individu se persoonlike ervarings nie en kan dus ook nie “opgebou” word nie – inteendeel, dit gaan die individu vooraf.
Jung sê ondubbelsinnig dat die basiese denkbeelde oftewel argetipes nie kultureel oorgedra word nie, maar dat dit oorgeërf word. Hy koppel argetipes aan psigologiese drange en instinkte en sê “omdat die brein die setel van menslike denke is, is die kollektiewe onbewuste direk gekoppel aan die evolusionêre ontwikkeling van die menslike brein.” Hierdie biologiese feite is daarvoor verantwoordelik dat daar verskille in die kollektiewe onbewuste van die verskillende menslike rasse voorkom. Jung sê vêrder dat alhoewel die diepste vlak van die kollektiewe onbewuste universeel by alle mense is, daar met die begin van rasdifferensiasie essensiële verskille in die kollektiewe onbewuste van die verskillende rasgroepe ontwikkel het. Gevolglik onderskei hy, onder andere, tussen ʼn Ariese, Semitiese,Hamitiese en Mongoloïede kollektiewe onbewuste of “mentaliteit.” Volgens Jung bestaandaar dus ʼn direkte verband tussen ʼn rasgroep en sy mentaliteit oftewel die argetipes in die kollektiewe onbewuste van daardie bepaalde rasgroep.
Jung se gedagte van die kollektiewe onbewuste stem grootliks ooreen met Lucien Levy-Bruhl se gebruik van die begrip “kollektiewe voorstellings,” die gedagte van “mitologiese motiewe,” Marcel Mauss se “verbeeldingskategorieë” en Adolf Bastian se “elementêre idees.” Die idee van die kollektiewe onbewuste toon ook ooreenkomste met Ludwig Clauss se “ras-sielkunde,” Sigrid Hunke se organiese godsdiensbeskouings, die geskiedskrywer Oswald Spengler se idee van die “kultuursiel” van ʼn Hoogkultuur (beskawing) asook die geskiedbeskouings van Francis Parker Jockey en Samuel P. Huntington.
Onlangse Navorsing
In onlangse navorsing het dr. Daniel G. Freedman, professor in gedragswetenskappe aan die Universiteit van Chicago, pasgebore babas van die Kaukasoïede, Negroïede en Mongoloïede (Asiatiese en Amerikaanse Indiane) rasgroepe aan sekere soortgelyke stimuli onderwerp. Hy het op ʼn vaste basis verskillende reaksies van die babas van die verskillende rasgroepe gekry.
Die resultate stem ooreen met die eienskappe wat tradisioneel aan elk van die rasgroepe toegeskryf word. So byvoorbeeld was die Mongoloïede babas die minste prikkelbaar en ook meer passief as die ander babas. Vêrder het die Asiatiese en Amerikaanse Indiaanse babas op dieselfde manier op dieselfde stimuli gereageer, wat toegeskryf kan word aan hulle relatief nou-verwante biologiese afkoms. Hierdie resultate is in die Januarie 1979 uitgawe van “Human Nature” getiteld “Ethnic Differences in Babies” gepubliseer. Freedman het met hierdie navorsing die bestaan van ʼn ingebore ras-temperament bewys. Om van ʼn ingebore ras-temperament na ʼn ingebore ras-lewenshouding en ʼn ingebore ras-mentaliteit of ras-instink te beweeg, is baie gering.
Vêrdere navorsing ter ondersteuning van die beginsel van ʼn ras-instink, so onlangs as September 2004, dui daarop dat brein disleksie by Mongoloïede en Kaukasoïede in verskillende dele van die brein veroorsaak word.
Die gedagte dat die sogenaamde “niksseggende inligting” (“nonsense information”) wat in eukariotiese DNA voorkom ʼn rol kan speel in die oordrag van ras- of voorouerlike geheue word tans ondersoek.
Die beginsel van ʼn ras-instink word vandag op ʼn nuwe en oorspronklike wyse deur die bioloë Stuart A. Newman en Gerd B. Müller nagevors. Albei navorsers het al verskeie vakwetenskaplike artikels en boeke die lig laat sien waarvan hul gesamentlike werk “Origination of Organismal Form (2003) sekerlik die belangrikste is.
Die Betekenis van ʼn Ras-Instink
Eerstens, ras-instink is die basis is waarop sekere gedrag berus. Dit beïnvloed dus menslike optrede onbewustelik. So byvoorbeeld sal sommige mense instinktief bang wees vir slange of hoogtes sonder dat hulle ooit voorheen daarmee te doen gehad het of dat dit aan hulle vertel is. In die diereryk is daar baie soortgelyke voorbeelde. Voëls skrik instinkmatig vir ʼn kunsmatige roofvoël skaduwee, al het hulle nog nooit ʼn roofvoël gesien of met een te doen gehad nie. Voëls wat nie deur hulle eie spesie grootgemaak is nie, openbaar nog steeds die gedrag en sang van hulle eie spesie.
In die tweede plek is daar ʼn korrelasie tussen ʼn rasgroep en sy kultuuruitinge, selfs sy manier van dink; aangesien sy kultuuruitinge en manier van dink ʼn uitdrukking is van die basiese denkbeelde of argetipes wat in sy kollektiewe onbewuste gesetel is. Daar bestaan dus so iets soos kultuuruitinge wat eie of vreemd aan ʼn bepaalde rasgroep is.
In die derde plek vind die korrelasie wat tussen ʼn rasgroep en sy kultuuruitinge bestaan ook neerslag in sy lewens- en wêreldbeskoulike oortuigings, sy mites en uiteindelik ook die waardes wat deur sy oortuigings en mites gedra word. So byvoorbeeld het die Kaukasoïede rasgroep ʼn aristokratiese lewensopvatting, ʼn heroïese houding teenoor die uitdagings van die lewe en ʼn diep gevoel van eerbaarheid.
Laastens, die feit dat ʼn ander deel van die brein disleksie by Mongoloïede as by Kaukasoïede veroorsaak, open die moontlikheid dat dit bewys kan word dat die vermoë om ʼn taal aan te leer ook ʼn genetiese basis het. Alhoewel enige mens enige taal kan aanleer, bestaan die moontlikheid dat taal in sekere opsigte net soos wiskunde of musiek is, deurdat die vermoë om musiek te leer of te komponeer of om goed in wiskunde te doen oorerflik is.