NAASTELIEFDE- WIE IS WERKLIK ONS NAASTE?

VOLKSSTUDIE (3/3)

Lees reeks by Volksstudies

Ds. André van den Berg

3.1          ‘n Skadelike mite

Ons volk word al vir baie jare as’t ware onder die mite van: Jy moet alle mense liefhê, toegeploeg.  Waar kom mense daaraan?   Baie mense glo dat die Woord van God gelowiges oproep om alle mense deur die bank, lief te hê. Uit ons studie oor heilige haat is dit duidelik nie die geval nie. God se vyande durf ek, uit eerbied vir Hom, nie liefhê nie.

3.2          Wie is my naaste?

Dit bring my by die vraag oor naasteliefde.  Wie is my naaste?  Laat ek begin deur te sê dat naaste nie ‘n statiese begrip is nie, maar van geval tot geval verskil.  Jy kan selfs in ‘n situasie kom dat ‘n wildvreemde jou naaste word soos in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan.  Dis egter nie die reël nie.

Die vraag na wie jou naaste is, is eintlik nie ‘n moeilike vraag nie. Volg maar net die trappe van vergelyking: Naby, nader, naaste.  Alle mense is nie ewe naby aan ons nie.  Daar is mense wat nader aan jou as ander is.  Niemand verwag bv.van my om ‘n ander man se vrou en kinders liewer te hê as my eie nie.  God staan bo-aan my lys van verskuldigde liefde.  Maar wat die aardse betref, staan my gesin bo aan.  Daarna volg my geloofsgenote d.w.s my geestelike broers en susters.  Dan volg my volksgenote en daarna die ander.  Gesin, kerk, volk.

Die praktyk bewys dit ook.  Indien ek op ‘n brug oor ‘n snelvloeiende rivier staan en twee kinders, een van hulle ‘n blanke en die ander swart, verloor gelyktydig hulle balans en val in die stroom water; watter een sal ek probeer red?   Die blanke outjie natuurlik! Waarom?  Omdat hy rasverwant is en derhalwe nader aan my as die swarte.

Gestel ‘n swarte staan op die brug en hy moet een van die twee kinders probeer red, sal hy nie die swartetjie probeer red nie?  Dit sal mos onbillik van my wees om hom daarvoor te verkwalik.  Daardie kind is ‘n rasgenoot en derhalwe nader aan hom.

Gestel altwee is blanke kinders, een van my gemeente en ‘n ander van elders.  Wie sal ek probeer red?  Daardie gemeentekind omdat hy nader aan my is.  Dieselfde geld vir my kind.  Ek sal hom bo enige ander kind probeer red ongeag van my eie familie, kerk-, volks- of rasverband.  In al hierdie gevalle het ek my naaste gered.

3.3          Liberalisme

Liberalisme is ‘n onding wat al wat bestaansorde is, omkeer.   Kyk wat het dit nie met die meeste van ons kerke gedoen nie.   Waar die naaste menslike verband eers die naaste was, is die verste een nou die naaste!  Liberalisme het van naaste ‘n sinoniem vir anderskleurige gemaak.