VOLKSSTUDIES (1/3)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
"Afsonderlike ontwikkeling wat die klem op naasbestaan laat val, was uiteraard die enigste werkbare model wat rasse in vrede laat woon en misdaad effektief bekamp het."
3.1 Vrede verdwynSwart Afrika se onverskillige sug na onafhanklikheid het hom nie net van sy eertydse koloniale bewind bevry nie, maar ook van vrede. Nadat die koloniste uit Afrika verdryf is, het burgeroorlog in die meeste lande uitgebreek en miljoene lewens geëis. Tot vandag toe nog ervaar min swart lande vrede. Vrede is net so skaars in Afrika as Nazi-sentimente in Jerusalem!
Suid-Afrika is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Die misdaadsyfer het in die eerste vyf jaar van swart bewind met 770 % gestyg! Dis alles te wyte aan die gewese Nasionale Party en huidige NG Kerk se aandrang om die ANC en sy onheilige bedmaats in 1990 te ontban. Dit was die begin van die einde van vrede vir ons! Die geweld en wanorde wat die swart bedeling gebring het, het die Boerevolk wreed ontnugter - presies die teenoorgestelde as wat vanaf ontspoorde kansels en verraderlike politieke podiums aan ons voorgehou is. Die blanke Eva is deur die politieke-kerklike slang verlei om haar rug op die paradyslewe te draai.
3.2 Vredesdemonstrasies
Die swart geweldsbedeling was vir baie van die verraderlike politici ‘n groot verleentheid waaraan hulle iets dringends moes doen. Veelrassige vredesdemonstrasies was die antwoord. Ontgogelde blankes moes glo dat vrede oppad was. Hierdie idee het, soos dit met voëls van eenderse vere gaan, ook by sekere kerklui aanklank gevind.
Die vredesdemonstrasies wat daarna op ons geweldgeteisterde samelewing neergereën het, het wye mediadekking geniet. Daar is wyd en syd verkondig dat vrede in blanke hande was. Ons moes net van apartheid afstand doen. Apartheid was kwansuis die stok in die wiel van vrede. Nodeloos om te sê, het die ontspoordes die geneesmiddel as ‘n gif aangesien en die gif as geneesmiddel. Hulle het in trurat vorentoe probeer beweeg!
Al hierdie vredesdemonstrasies was kunsmatig en het na huigelary gestink. Duisende blankes en nie-blankes het bv.vir kilometers aaneen hande vasgehou, veelkleurige linte gedra, vredesliedere gesing, duisende balonne en massas wit duiwe vrygelaat in afwagting dat die verlangde vrede sou opdaag. Dit het nie.
Ironies genoeg was baie van die organiseerders van hierdie vredesdemonstrasies juis die jakkalse wat in die verlede mense met hulle rewolusionêre optredes tot terreurdade aangehits het! Hulle wat die hardste om vrede geskreeu het, was dikwels diegene wat die ywerigste daarteen gewerk het! Die ydele vredesdemonstrasies het geen afname aan die stygende chaos en geweld in die land gebring nie. Oppervlakkige vredeliewenheid bring geen vrede nie.
3.3 ‘n Valse vrede
Waarom het die beleid van rassegelykheid dan nie vrede gebring nie? Omdat elke vredespoging wat nie met Christus, die Vredefors, rekening hou nie, geen vrede is nie. Ware vrede is om God se Woord en skeppingsordening te eerbiedig. Daarom verset ware gelowiges hulle bv. teen die ANC-grondwet wat moord op ongebore babas wettig. Hulle verset hulle ook teen die onreg wat misleidend regstellende aksie genoem word. Ware gelowiges ontmasker die dwaasheid van rassevermenging as ‘n skadelike element in die soeke na ware vrede.
Ware vrede vereis dat gelowiges nie in dieselfde juk sal trek as mense wat God nie eer nie. Vrede is 'n goddelike gawe wat God aan sy kinders gee. Vrede begin daar waar die kinders van God mense se ydele pogings teenstaan om dit wat God geskei het in 'n sogenaamde reënboognasie saam te voeg. 'n Kunsmatige sameflansing van mense is nie God se resep vir vrede nie, maar dié van die Satan.
3.4 Nog steeds dwase!
Ten spyte van al die nare dinge wat Suid-Afrika sedert Februarie 1990 te beurt geval het, is daar nog steeds mense en kerke wat die reste van apartheid teen alle wil en dank wil afbreek. Hulle glo nog steeds dat vrede deur rassevermenging bereik sal word. Nee, vrede word nie verkry deur rassegrense uit te wis of menseverskeidenheid tot niet te maak nie. Presies die teenoorgestelde is waar - vrede word slegs langs die weg van rasseskeiding en eerbied vir God se skeppingsverskeidenheid verkry.
Voorstanders van rassegelykheid wat die uitsprake van God se Woord oor skeiding en volksgrense minag, het ons land oneindige skade aangedoen. Baie van hulle het al landuit gevlug. Nou vra ek: Hoe durf mense wat hulle vir verandering beywer elders in die wêreld vir die gevaar van hul eie maaksel gaan wegkruip!
Hoe dikwels het dit nie al gebeur dat die regstellers van sg. onreg op die ou einde self op die brandstapel beland nie. Baie wat in apartheid 'n steen des aanstoots gevind het, is self in die nuwe bedeling gestenig. Die bekendste geval is dié van die liberale Amerikaanse student, Amy Biehl, wat haar flater te laat agtergekom en die soveelste slagoffer van ‘n misplaaste swart woede geword het. Haar haat vir die Boerevolk en gevolglike tere besorgdheid oor die sg. veronregtes het haar te vroeg in haar graf laat beland. Haar enigste oortreding was dat sy blank was!
Blanke Suid-Afrkaners het een duur les geleer: Rassegelykheid bring nie vrede nie, maar vernietig dit eerder!
Die ongekende verdeeldheid en rassehaat wat ons land sedert die ANC se oorname kenmerk, bevestig dit elke dag. Oral waar volke afsonderlik woon en deur hul eie mense regeer word, is geweld, misdaad en barbaarsheid so goed as afwesig. Daarenteen is ‘n reënboognasie die teelaarde vir ongekende ellende en gruwelike vergrype.
Slotopmerking
Apartheid was nie ‘n bose ideologie wat op ‘n goeie dag aanvaar is met die doel om anderskleuriges te veronreg nie. Dis in werklikheid oor meer as drie eeue in ons land gevestig as die wysheid van baie geslagte wat die uitdagings van 'n donker vasteland moes trotseer. Afsonderlike ontwikkeling wat die klem op naasbestaan laat val, was uiteraard die enigste werkbare model wat rasse in vrede laat woon en misdaad effektief bekamp het.
Apartheid het buitelandse beleggers insette met vertroue laat lewer en ons land ekonomies welvarend gehou. Werk is verskaf en doeltreffende opleiding gebied wat 'n gelukkige samelewing verseker het. Ek glo dat die dag naby is dat die wenslikheid van rasseskeiding ter wille van vrede weer op die tafel gaan verskyn. Hopelik sal mense dan die waarde daarvan waardeer en besef dat rasseskeiding in werklikheid vrede bring!