RASSESKEIDING TER VOORTBESTAAN
Kriewelkop
Daar word voortdurend geveg oor die benaming Afrikaner of Boer. Ons het hier op Gelofteland al talle artikels daaroor geplaas en hiérdie artikel is nie bedoel om daardie dispuut te heropen nie maar juis om die noodsaak van samebinding binne ons volk te beklemtoon. Samebinding omdat ons as 'n volk soos in broederskap met mekaar staan, soos 'n bloedfamilie, 'n familie waaraan ons almal behoort – so absoluut dat ons geen keuse het nie; en so geheel en al dat dit nie gedeeltelik kan wees nie maar volkome – 'n saak waaraan jy en ek niks kan verander nie want ons is binne hierdie volksverband gebore en geplaas deur ons Skepper. As ons dan die term Afrikaner of Boer in hierdie artikel gebruik is dit nie verwysend as 'n keuse van een die twee nie maar oor wie ons is: 'n blanke Afrikaanssprekende volk in Suid-Afrika.
Toe FW de Klerk ons volk so verraderlik uitverkoop en ons land aan die swart kommunistiese ANC gegee het, is daar voorgegee dat ons 'n wonderlike, vredevolle toekoms as 'n sogenaamde Reënboognasie tegemoet gaan. Kom net eers terug na die verskil tussen 'nasie' en 'volk': 'n volk is daardie eenheid wat ek hierbo beskryf het, bloedfamilie sonder keuse; 'n nasie bestaan uit verskeie volke wat in een land saamwoon. Ons woon dus as 'n blanke, Afrikaanssprekende volk saam met talle ander volke van ander rasse in Suid-Afrika, en saam maak ons die nasie van hierdie land. Maar nooit sou ons 'n vreedsame Reënboognasie wees nie, juis as gevolg van rasse-onderskeid tussen Wit en Swart. En daarom was die beleid van afsonderlike ontwikkeling in ons land die enigste manier om vrede te handhaaf.
Nou in 2012 het ons die onomstootlike bewys dat die poging om ons saam te gooi op sosiale, kulturele en alle vlakke van ons samelewing, geen vredesoplossing was nie maar veroorsaak het dat ons 'n land met een van die hoogste misdaad- en onrussyfers ter wêreld geword het.
Teenoor ons volk staan hierdie ander volke in Suid-Afrika, hoofsaaklik volke van ander rasse wat so volkome van ons verskil dat rassebotsing onvermydelik is. En steeds kry jy mense wat beweer dat jy hierdie botsings met rassegelykheid kan uitskakel - wat 'n bespotting is van die werklikheid dat jy Wit en Swart in ‘n enkele gemeenskap kan saamvoeg en dan vrede as gevolg kan hê. Daar is soveel voorbeelde van hierdie onmoontlikheid dwarsoor die wêreld dat dit net 'n dwaas of iemand met donker plannetjies is wat anders sal glo en optree. Daar is geen plek in die hele wêreld waar rasseprobleme al ooit opgelos is deur die samevoeging van rasse of gelykstelling van rasse nie. Nie Brittanje nadat hy sy deur vir duisende Swart immigrante uit Afrika, Indië en Wes-Indië duisende Swart immigrante uit Afrika, Indië en Wes-Indië oopgegooi het nie - daar styg die rassespanning voortdurend namate die getalle van die Nieblanke immigrante groei en word die probleme totaal onhanteerbaar. Dít terwyl daar in Brittanje nie eers sprake is van ongelykheid en diskriminasie tussen Blank en Nieblank is nie. So ook in Nederland waar die Molukke saamgevoeg is met die Blankes. Wat is die resultaat? Daar is geen oplossing vir die rassespanning tussen Blank en Nieblank nie, maar alleen stygende botsings wat in die afgelope jare op terrorisme uitgeloop het. So ook die Verenigde State waar daar 'volkome gelykheid' bestaan. Na meer as honderd jaar van 'totale gelykheid' het jy vandag in Amerika onder leiding van Obama meer spanning en groter rassebotsings as wat die land in enige stadium van sy geskiedenis gehad het. Dít terwyl die Negers slegs een tiende van die totale bevolking van die VSA uitmaak.
Nou moet ons ook na die teenoorgestelde situasie kyk. In Suid-Afrika is daar 'n historiese feit wat miskien belangriker as alle ander feite is: in die ganse geskiedenis van ons land was daar nie ‘n enkele geval van rassebotsing wat uit rasseskeiding gespruit het nie. In elke geval van rassegeweld was dit as gevolg van rassevermenging. So was dit ook in die res van die wêreld.
Oral in die wêreld beleef ons 'n oplewing van volksnasionalisme – 'n feit wat deur die liberaliste van die wêreld en internasionale media so stil moontlik gehou word. Kyk byvoorbeeld na die Britte waar die Engelse, Iere, Skotte en Walliesers saamgevoeg is; daar laai die onderlinge spanning steeds op en het die afskeidingsbeweging in Skotland veld gewen as gevolg van hul sterk nasionalisme. In Ierland het die Iere geveg met die wapen om die Britse juk van hulle af te werp en in Wallis het die Walliesers in ‘n rigting weg van Engeland gegroei. In Afrika is Nigerië 'n goeie voorbeeld van dieselfde oplossing waar jy Swartes in een federale verband gehad het. Die verskil in godsdiens was so groot dat dit op ‘n bloedige rasse-oorlog uitgeloop het.
Dit is van betekenis dat al hierdie historiese gebeure telkens toegeskryf word aan mense se verkeerde ingesteldheid, in plaas daarvan dat 'n oplossing gesoek word in die behoefte aan nasionalisme en eie volksskap. Daar word nooit bevind dat die idée van rasvermengde nasieskap verkeerd is nie; dit is glo die houding van mense wat nie reg is nie. Dit is mense wat glo aanstootlik optree, dit is mense wat glo onverstandig en onwys optree, dit is glo omdat mense diskrimineer dat rasse-onluste voorkom. Hierdie is natuurlik ‘n leuen en vervalsing van die werklike feite. Dit is nie waar dat iemand maar op ‘n dag sommer net buite sy sinne raak en rond en bont begin skiet soos ons in talle lande en ook in ons eie land al gesien het nie, oa die voorbeeld van die destydse 'Wit Wolf' wat 'n hele aantal Swartes in Pretoria doodgeskiet het. Dit is ‘n historiese mag wat so aan die werk is, net soos dit elders in die wêreld aan die werk is. Maar die gelykstellers en die voorstanders van rassevermenging sê die rassebotsings sal uitgeskakel word as jy die menslike aard van dinge verander. Dit kan nie gedoen word nie. Jy kan die menslike aard nie verander nie, jy kan die probleem nie laat verdwyn deur te sê mense moet verdraagsamer teenoor ander wees nie, dat jy moet leer om met ander saam te leef, dat diskriminasie beëindig moet word nie. Die menslike aard is nie te verander nie. Dit is die een konstante bestanddeel van ons geskiedenis en ons bestaan. Hoe jy ook al probeer om mense te oorreed en te dwing om hulle houding jeens anderskleuriges te verander, bly daar een onomstootlike feit en dit is dat die bewustheid van kleurverskil. Jy sal die bewustheid van kleurverskil nie verminder nie, jy sal dit nie kan wegneem nie. So beskou ook die Swart volke dit en sal hulle die Wittes nooit as deel van hulle aanvaar nie. Dit sal altyd die versperring bly tussen mense en niemand kan iets daaraan verander nie. Alleen as jy daardie feit aanvaar, kan jy ‘n definisie van nasieskap in 'n land kry wat duursaamheid sal hê.
Maar daar sal ‘n ontnugtering kom in die mense wat vandag hierdie valse geneesmiddels as werklike en blywende oplossings vir die probleme van ons tyd aanbied. Die gelykstellingsgety het reeds sy hoogtepunt bereik en is aan die afneem. Die digters en skrywers wat breë bors op die voorpunt van hierdie gelykstellingsbeweging gestap het raak in diskrediet. Ons kan seker wees dat hierdie gelykstellingsgety homself uiteindelik sal vernietig. Daar is net een vereiste en dit is dat die Blankes hier moet staande bly in die geloof. Die tyd is besig om teen ons vyande uit te loop in die guns van daardie mense wat vashou aan die Christelike geloof, ons geskiedenis en ons beginsels nie verloën nie.
Ons moet weer ‘n keer nugter na ons geskiedenis kyk. U sal onthou toe genl. Smuts op daardie snikhete dag in 1949 by die Voortrekkermonument opgestaan het om te praat, die Afrikaners hulle rug op hom gedraai het, nie omdat Smuts nie Afrikaans gepraat het nie, maar omdat hy weg van die Afrikanerdom gelewe het. Daarom het die Afrikanerdom op daardie uur sy rug op hom gekeer. Smuts het nog geprewel: “Ek is ‘n Boerseun”, maar dit was te laat. Die Afrikanerdom het hom verwerp omdat hulle hom nie as ‘n Afrikaner beskou het nie. Afrikanerskap is gesetel in die kern van die volk. Dit is daardie sentrum wat weier om weg te beweeg van sy geskiedenis. Dit is daardie sentrum van ‘n volk wat strewe na verinniging; daardie sentrum van ‘n volk wat streef na verdieping van die eie; daardie sentrum wat roep na versterking van jou volk in sy geloof en sy beginsels en sy geskiedenis.
Dit is hierdie dinge in ‘n volk wat telkens weer die faktor word wat die grense trek, soos dit tans in Suid-Afrika in 2012 duidelik weer die grense trek tussen wat bymekaar hoort en die wat nie bymekaar hoort nie – met betrekking tot Wit en Swart. Dit sal ook nie meer baie lank duur voordat ons 'n duidelike grens binne ons volk sal betree nie – en dan sal elke volksgenoot die keuse moet maak: jy sal jou volk se geloof, geskiedenis en beginsels ten volle uitleef, of jy sal uitgewerp word soos Smuts en nie weer deel hê aan die opbou en herstel van ons volk in hierdie land nie. Mag jy daardie keuse met wysheid maak.