Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God regeer nie op ʼn vuil troon nie, daarvoor is Hy te heilig! Hy is egter gewillig om die gebede van sondaars wat met die verdorwenheid van hul harte worstel en alles wat vuil is op te ruim, te verhoor en volke te herstel.
BROKKIES UIT DIE BOEK: PANIEKLAND (6)
083 444 7672)
Hy weet nie wat hom die bangste maak nie, die gejil, geskreeu, die diep basstemme van die manne, slaan van kieries op leë dromme, die krygsliedere of die gelag van die vroue en kinders. Hy weet dat hierdie dag, hierdie uur en oomblik die beslissende een sal wees waar hy die Rubicon, nie net van sy eie gemoed sal oorsteek nie, maar hom laat uitstaan as ‘n vyand van die gepeupel en natuurlik die owerhede.
Dit het standaard geword in die Nuwe Suid-Afrika dat die skares die reg aan hulle kant het. Dis nie meer soos lankal in onluste, toe hy ‘n jong diensplig-offisier was nie. Toe is geweld met hamerhoue van die Polisie en weermag stopgesit, maar dit was natuurlik voor die politici ingetree en hulle tande getrek het. Nou is daar geen uniformlid in sig nie en hy verwag nie dat enige sal opdaag om hulle te beskerm nie – indien daar nog enigeen is wat nie gedros het nie.
Is dit wat uiteindelik met Suid-Afrika gebeur het, dat die reënboogland se reënboognasie mekaar wil uitroei omdat die kleure nie dieselfde is nie? Wat het geword van die wigte en teenwige, die beloftes, die versekerings wat die landsleiers gegee het? Is hierdie die einde daarvan, dat ‘n man sy lewe, sy vrou en eiendom met sy lewe en gewere moet verdedig, omdat die beloftes leeg was en daar geen wil ooit was om dit na te kom nie?
“Vertrou ons met u stem,” hoor hy nog FW de Klerk pleit, terwyl hy geweet het hy gaan oorgee.
Diep in sy hart het hy dekades gelede al geweet hierdie oomblik gaan aanbreek. Hy het dit gesien in die Nag van die Generaals, toe FW de Klerk (ook genoem die ANC se klerk en Mandela se hanslam) op 2 Februarie 1990 vir Nelson Mandela vrylaat en in 1992 drie en twintig generaals afgedank het.
Hy het dit gesien in die onluste aan die Oos-Rand en die verwoesting wat redelose skares kan aanrig. Die afgelope paar jaar het hy dit gesien in die onluste wat mense meevoer na barbaarsheid en van die mees bedaarde man en vrou ‘n bloedbeluste geweldenaar maak.
Hy het dit die afgelope paar maande gesien in die lyne tussen die geskryf in die koerante, in die openlike haat in mense se oë, die absolute minagting van wet en die justisie wat vanaf die president tot die man op straat gestraal het. En nou is dit drie straatblokke van hom af.
Hy soen sy vrou, vat sy lang geweer, ammunisie, twee handwapens en ‘n jagmes, gord dit aan en loop by die voorste hek uit. Hy het vantevore al die afstande afgemeet deur dit te loop en op die lamppale merkers gemaak, drie honderd en vyftig, drie honderd en so aan, tot vyftig meter van waar sy voorhek is.
Op die sypaadjie is die stomp van ‘n ou, afgesaagde bauhiniaboom. Dis net die regte hoogte (hy het dit al voorheen getoets) dat as hy daaragter kniel, hy dooierus daaroor kan vat. Die 7,62X51 millimeter Brno is gelaai met volmantel 150 grein rondtes en hy stoot een in die loop, kniel en stel die fokus.
Een van die eerste dinge wat hy gedoen het, behalwe om gaatjies te laat boor en tap vir die teleskoop-monterings, was om ‘n Timney-sneller te installeer in die plek van die ou, swaar, militêre sneller met die groot voortrek.
Na vier minute se wag kom die skare oor die bult aan. Sodra hulle by die drie honderd en vyftig meter merker is, skreeu hy vir hulle om om te draai. Hy weet daar is geen manier waarop hulle hom bokant hulle eie lawaai kan hoor nie, maar doen dit grootliks vir sy eie gewete, dat hy wel gewaarsku het, en om ‘n bietjie spanning te ontlaai.
Bottels met petrol in vlieg oor die heinings en Sarie Naude, in nommer 53, hardloop by haar huis se voorhek uit, haar klere in vlamme gehul. Bokant die skare se geraas hoor hy haar sterwensgille as hulle die vlammende vrou neerslaan met pikstele, grawe en tuinharke. Op en af val die houe en genadiglik lê sy na ‘n halfminuut stil. Die mense loop om haar, soos ‘n rivier verby ‘n rots sal vloei en ‘n paar meter verby, word dit weer ‘n soliede lyn.
Dit sàl nie met my vrou gebeur nie, maak nie saak wat nie!” sê hy hardop en vat dan korrel op die voorste ry, wat nou mooi sigbaar is op die drie honderd meter merk. Wat hy sien is sy grootste nagmerrie. Hy is fisies voorberei hiervoor, dit wil sê om te veg, met jare se oefening op skietbane, ge-oliede gewere en ‘n sterk liggaamsbou vir sy jare, maar nie psigies of psigologies nie. Hy onthou dat hy die vraag lankal gevra het en die traak-my-nie-agtige manier waarop Johan Meijer dit geantwoord het.
“Wat maak jy as die eerste paar rye kinders is?” het hy gevra.
“Dan skiet jy hulle met ‘n klein kaliber,” was die antwoord.
En nou is dit so. Die eerste vier of vyf rye is gevul met kinders. Die aanstigters van hierdie geweld ken die psige van witmense en weet hulle sal huiwer om kinders te skiet. En ‘n kind kan soms wreder as ‘n grootmens wees, en kan ‘n vlammende bottel en ‘n klip net so hard gooi.
Hy vat korrel op die een kind in die voorste ry. Dis ‘n seun, seker sy sewe of agt jaar oud, miskien nege. Die kind het groot, onskuldige oë in sy donker gelaat en as hy lag – wat hy aanmekaar doen – steek sy spierwit, groot tande af teen die swart. Die pret is onbeskryflik!
Hy kan nie skiet nie. Dis asof sy hande bewe en hy voel die sweet slaan op sy voorkop uit en loop agter sy kraag af. Sy snellervinger weier om gehoor te geen aan die direkte opdragte van sy verstand.
Hulle kom nader, verby die twee honderd en vyftig, later twee honderd meter merk.
“Ag Here! Wat moet ek doen?” bid hy.
Hy skiet ‘n waarskuwingskoot hoog oor hulle koppe, maar dit het geen sigbare uitwerking nie. Hy haal weer oor en weet sommer nog een sal nie saak maak nie. Desperate magteloosheid knaag in sy binneste.
Die volgende oomblik is sy vrou langs hom, met die Remington semi-outomaties. Sy is te kort om agter die stomp te kniel en staan regop, met haar elmboë gestut op die stomp. Al wat hy hoor is die ruk-en-pluk beweging van die geweertjie se aksie as die knaldemper die knalle absorbeer.
Uit die hoek van sy oog sien hy die klein, blink doppies uit die geweer vlieg. Drie, vier van die kinders word getref. Hy sien dat die bloedkolle op hulle torso’s, bene en skouers uitslaan. Dis asof ‘n miernes oopgeskop word, soos hulle kante toe padgee en dan is die grootmense, mans en vroue, in die voorste rye. Hy skiet en skiet, haal oor, vat korrel, maar dis amper onmoontlik om nou mis te skiet. Tog kom die skare al nader, soos die agterste klomp nie die skote bo hulle geraas kan hoor nie en nie sien dat die voorstes val nie.
Skielik is die buurman en sy seuns by hom. Skote klap nou wild en wakker en dis asof die hele massa by ‘n onsigbare hindernis opdam. Die gejil van die vroue verander van ‘n aanhitsing na paniek as hulle uiteindelik besef dat hiedie speletjie ‘n dodelike uiteinde het, dis nie noodwendig die blankes wat seerkry nie en uiteindelik is daar ‘n beweging agtertoe.
Sy geweer is weer leeg, maar die voorstes is nou minder as sewentig meter van hulle af, met ‘n vinnige gestorm van die linkerflankse kant. Hy pluk een van die handwapens, ‘n Desert Eagle .44 Magnum, uit en skiet die agt rondte magasyn leeg. Die ander wapen, ‘n nege millimeter, met ‘n dertienskoot magasyn, klap teen sy handpalm. Dit breek die massa se momentum heeltemal en ‘n ongeordende, onbeheerste storm van menselywe hardloop weg van hulle af, kant toe en bymekaar verby, maar later ook die agterstes.
Een van die manne, ‘n groot, vet-maag man met ‘n rooi pet, probeer orde herstel, met klappe, houe van ‘n plastieksambok en goed-gemikte skoppe, maar paniek het nie keer nie. Hy versit sy kruishare na die man se groot, blink ronde kop en trek die sneller. Dit verdwyn in ‘n pienk waas, met die beret wat deur die lug trek.
Bo-op die bultjie, net anderkant die drie honderd en vyftig meter merk, staan ‘n groepie en kyk. Hy laai die Brno weer, vat dooie rus, blaas sy asem versigtig uit en skiet die middelste een ook deur die kop. Die ander verdwyn dadelik agter die bult.
Die ou man staan op, besef dat sy boonste rugspiere, hier by sy blaaie, kramp en rek hom uit om daarvan ontslae te raak. Hy draai en kyk na sy vrou, wat die Remington nou in haar linkerhand vashou.
“Lafaard!” sis sy en klap hom hard deur die gesig.
“Dê, vat!” sê sy en gee die wapen vir hom. Dan draai sy om, loop die hek in en deur die voordeur.
*
Vanwaar hy op die kruin van die suidelike helling lê, kan Demas mooi sien wat onderkant hom aangaan, vyf of ses honderd meter weg en ‘n honderd en twintig meter laer. Hy sien die mense oor die kruin van die bult kom, nog voordat die ou man dit kan doen. Hy sien die skare, luidrugtig, al is hulle stemme deur die afstand gedemp. Hy sien die bonte spul, met ‘n verskeidenheid van kleure in hulle drag, maar een kleur aan hulle velle en koppe.
“Skiet, skiet, voor dit te laat is!” roep hy geluidloos en magteloos tegelyk.
Hy verwag die knal van die geweer enige oomblik, maar dit kom nie.
“Wat gaan aan met jou, Oom?”
Asof in ‘n waas sien hy hoe die huise geplunder en aan die brand gesteek word, hoe van die witmense angstig probeer wegvlug, maar die pad is versper. Hulle vlug terug by die hekke in en binne hulle huise, maar die skare peul by die hekke en platgedrukte heinings in, soos kommandomiere.
‘n Bottel trek met ‘n boog en land op een van die huise se dakke, waar die brandende vloeistof ‘n ent afloop. Nog meer vlamme, nog meer geweld. ‘n Sedanmotor kom vinnig by een van die hekke uitgejaag en alhoewel hy ‘n paar mense raakry, dwing die klomp hom tot stilstand. Die insittendes word uitgepluk en doodgeslaan, die kar omgegooi en sekondes later begin dit te brand.
Hy sien die vrou uit haar huis vlug, met haar klere waaruit die vlamme staan. Hy is seker hulle het een of ander soort brandstof oor haar uitgegooi, voor hulle haar aan die brand gesteek het. Sy probeer die brandende baadjie of kort jas uitpluk, maar dit help nie. Hy kan nie haar gille hoor bokant die skare se geraas nie; hy kan haar mond sien en dis asof elke gil in sy brein vassteek. Hy is dankbaar as sy val en die houe maak ‘n einde aan haar lyding.
“Skiet, Oom, daar is nie nog tyd nie!”
‘n Ouer dame kom uit die hek uitgeloop met ‘n geweer in haar hande. Sy vat dooierus oor die stuk boom, maar hy hoor ook nie die knalle uit haar geweer nie. Tog sien hy hoe die een na die ander kind aan die voorpunt van die skare neerval.
Uiteindelik klap ‘n skoot uit die man se geweer en nog een. Dit volg vinnig op mekaar, totdat hy meen die geweer se magasyn leeg is. Vir ‘n paar sekondes is daar stilte, behalwe vir die steeds-gillende skare. Oomblikke later klap die skote weer en die aanvallers huiwer as die voorste linie val.
By die oorkantse huis kom drie manne aangehardloop. Twee van hulle kniel in die pad, maar die derde een lê plat op sy maag en die skote dreun skare in. Daar is ‘n verdere huiwering en alhoewel hulle aangepor en gedreig word, kan Demas sien die fut is uit hulle uit.
Aan die bokant van die bultjie staan ‘n paar manne in uniform en kyk. Waarom keer hulle nie die geplunder van die skare nie? Dis tog hulle werk! Skielik klap ‘n los skoot van die ouer man af en een van hulle val agteroor. Die ander vyf maak hulle vinnig uit die voete uit.
Demas hoor iets kraak agter hom. Verskrik kyk hy vinnig om en sien ‘n aantal manne in ‘n halfmaan agter hom. Hulle is sowat ses meter uit mekaar verprei en loop in ‘n gelyke, alhoewel hoef-ystervormige formasie in sy rigting. Hulle is nog sowat ‘n honderd meter van hom af en laer af op die berghang, maar elkeen dra ‘n lang geweer met ‘n teleskoop toegerus.
Hy ken nie gewere goed genoeg om dit te kan identifiseer nie. Van die goed lyk soos Ak’s, maar hulle is langer, met heelwat langer lope. Hulle is aangetrek in ou polisie taakmag kamoefleer-uniforms en op die manier waarop hulle amper geluidloos loop, dui op goeie opleiding. As dit nie was vir die tak waarop een van hulle getrap het nie, sou hulle hom sekerlik verras het – as hy die rede vir hulle teenwoordigheid is.
Terwyl hy na hulle kyk, rig een ‘n geweer in sy rigting.