Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hemelse Heer, dankie dat ek kan hoop omdat ek in U glo. Dankie dat die vlam van hoop helder brand in my ongeag my uiterlike omstandighede omdat ek met groot sekerheid kan staatmaak op u liefde en elke belofte in u Woord. Dankie dat U self my hoop is.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (12)
083 444 7672)
The drastic increase in fuel / prices (shortages).
-Genl Roland de Vries
*
David (Des) van Rooyen is op 10 Desember 2015 as Suid-Afrika se minister van finansies beëdig. Hy volg die vorige minister van finansies, Nhlanhla Nene op, nadat Nene summier van sy pos onthef is. Hy was minder as vier dae in sy pos, voordat besigheids- en buitelandse druk die president, Jacob Zuma, genoop het om hom van sy pos te onthef.
*
In 1906, Alfred Henry Lewis stated, “There are only nine meals between mankind and anarchy.” Since then, his observation has been echoed by people as disparate as Robert Heinlein and Leon Trotsky. The key here is that, unlike all other commodities, food is the one essential that cannot be postponed.
*
Almal het verwag dat die vonk in die kruitvat Eskom sal wees, met die gepaardgaande verlies aan water, riool en alle fabrieke, behalwe die enkeles wat hulle eie krag opwek. Dit was uiteindelik iets heel onverwags, naamlik die sogenaamde oordeelsdagpakt of te wel soos in Engels, die “Doomsday pact”, alhoewel Eskom binne ‘n paar weke daarna inderdaad opgehou het met werk.
Alhoewel die meningsopnames aangedui het dat die ANC rondom 32% sou kry, die EFF 11% en die MK landwyd 6%, - met soveel as 23% in KZN, en hulle nie ver uit was nie, het die drie partye en koalisie gegaan en gesamentlik net meer as 55% by die stembus behaal.
Binne ses maande het die oorspronklike pakt verval en het waarnemende speaker van die parlement ‘n kabinet saamgestel, waar Cyril Ramaphosa die president is, Jacob Zuma adjunkpresident, Julius Malema visie-president (die onderskeid tussen die twee is vaag) Floyd Shivambu minister van finansies, die grootste voorwaarde wat Malema gestel het, voordat hy ingestem het vir die koalisie, Sandile Gumede die nuwe speaker en Paul Mashatile minister van verdediging. Die res van die kabinet word gelykop verdeel tussen die drie partye.
Onmiddellik na die aankondiging van die koalisie en die samestelling van die kabinet, het alle internasionale beleggers hulle investering uit Suid-Afrika onttrek, miljardêrs en multi-miljoenêrs in die land het hulle geld buiteland toe geneem, fabrieke het gesluit en, ten spyte van druk vanuit internasionale en binnelandse besigheid, het die nuwe kabinet verseg om te bedank, en die rand het oornag getuimel tot ver meer as R1800 per dollar. ‘n Week later het inflasie verby die 38 000 persent gestyg.
Cyril Ramphosa het bedank, nadat daar drie aanslae op sy lewe misluk het, alhoewel een baie naby gekom het, en sowel Zuma as Mashatile het opsy gestaan en Julius Malema is as nuwe president ingehuldig.
SASSA is inderdaad uitbetaal, maar met ‘n brood wat nou dertig duisend rand kos, ‘n 2,5 kilogram sak mieliemeel meer as vyftig duisend, het hongersnood onmiddellik gevolg. Anargie het, soos Lewis opgemerk het, binne drie dae gevolg.
Die SAPD het, soos in Julie 2021, geen impak gehad nie op die chaos en anargie wat dwarsdeur Suid-Afrika soos ‘n massiewe brander geloop het. Die SANW was ewe magteloos en uiteindelik het die uniformmagte ontbind, die soldate en polisielede het ASV gegaan, met wapens en uniforms.
Bendes, wat al vantevore ontstaan het, nie net op die Kaapse vlaktes nie, maar in alle groot en minder groot stede en metro’s, het onbeteueld gegroei en het vir alle praktiese doeleindes beheer geneem.
Kleiner vorme van misdaad, wat die Engelse “petty crime” sou noem, bestaan nie in werklikheid meer nie, want daar is min lukrake vuisgevegte, korrupsie en diefstal, om die eenvoudige rede dat daar niks meer oor is om te steel of te verduister nie. Ernstige misdaad, soos ernstige aanrandings, verkragting, roof, moord en selfs uitwissing van gemeenskappe, is aan die orde van die dag, maar aangesien daar nêrens plek meer is om dit aan te meld nie, en nog minder iemand wat dit kan vervolg, kan dit nie gekeer word nie.
Enigiemand wat weerloos of selfs semi-weerbaar is, kinders, vroue en oumense, waar daar niemand is om hulle te beskerm nie, word die slagoffer van honger, dors en desperate mense.
Selfs in eerste-wêreldlande, soos Lewis tereg opgemerk het meer as ‘n honderd jaar gelede, sou anargie op ineenstorting en honger gevolg het, is dit eksponensieel meer in Suid-Afrika waar daar ‘n heterogene samelewing (‘n woord wat baie losweg gebruik word) is, eeue se naywer en drie dekades van haat, en met geweldenaars wat nog nie vanuit primitiewe agtergronde losgekom het nie.
Die gevolg is nie net skokkend en afgryslik nie, maar ongebonde en onverwerkbaar.
*
Social unrest in South Africa sooner than later. Large scale uprising of the marginalised masses leading to violence, faction fighting, looting, killing and large-scale destruction of property.
*
Lucille het die grootste skok van haar lewe gekry. Haar selfoon het gewys sy kry ‘n oproep van Pieter se sel.
“Hallo, Lief.”
“Wie hy praat nou?”
“Dis Lucille Nel. Wat maak jy met my man se selfoon?”
“Jou se man? Nee, lady, jouse eks. Hy is mos dood.”
“Moenie speletjies maak nie. Gee vir Piet sy foon terug, of het jy hom gesteel?”
“Gasteel? Nee, ek homgavat by sy body. Hy lê hier by die pad.”
Stadig begin die angstigheid by Lucille opstoot.
“Wat bedoel jy? Was dit ‘n ongeluk?”
Die skor, hoë lag verseker haar dit was nie ‘n ongeluk nie.
“Wat gaan aan? Praat met my!”
“Jy kan maar kom kyk, miesies! Jou man djou kênd... allemaal van hêlle.”
“Wat van hulle?”
“Dood. Fatap. Djy kan maar kom kyk. By die corner Hoop en Dawidstraat.”
Lucille kon nie onthou dat sy haar beursie en die karsleutels gegryp het nie. Dit was alles ‘n waas van skok, hoop en ontkenning. Hoe kon so-iets gebeur? Nee, dis seker net ‘n grap.
Haar twee kinders, nou al amper tieners is nie een blank nie, maar tweetjies wat sy en Piet aangeneem het toe hulle seker was hulle kon nie hulle eie hê nie. En hulle twee het die kinders, vandat hulle babas was, soos hulle eie grootgemaak. En nou... dit moet ‘n ongeluk wees, maar hoe kan die man op die lyn so ongevoelig wees? Sy kan die nie verstaan nie, nee, nooit!
Sy trek die BMW uit die motorhuis, maak seker sy druk die knoppie van die afstandbeheer, sodat die motorhuis se deur, wat op die straat uitloop, toegaan en ry so vinnig as wat veilig is, van die huis, langs die gholflandgoed in Centurion, na waar die hoek van Hoop en Dawidstraat is.
Miskien, as die skok nie so erg was nie, as haar hart nie so tekere gegaan het nie en as die trane nie so hoog in haar oë opgewel het nie, sou sy betyds die skare gesien het. En as sy hulle gesien het, sou sy dalk opgemerk het dat dit nie bloot ‘n klomp mense was wat net nuuskierig rondom die grusaamheid van die ongeluk was nie. Wat sy wel sien is dat daar baie karre is, dat sommige van hulle aan die brand is.
Lucille ry tot so naby moontlik, vlieg uit die kar uit en maak haar weg ‘n paar treë in die skare in. Op die pad lê haar man en die twee kinders net ‘n paar meter daarvandaan. Vreemd genoeg is die dubbelkajuit waarin hulle gery het, nie beskadig nie. Dit is vasgekeer deur twee wit taxi’s, die deure oopgepluk en die drie insittendes uitgehaal, doodgeslaan, geskop en rondgegooi asof hulle diere is. Wanneer sy deur die trane verder kyk, is haar mense nie die enigste wat dood lê nie.
Sy sou nooit kon sê hoe sy terug uit die malende, beurende skare gekom het nie, maar toe sy wel verby was, het hulle haar begin jaag.
Skok, hartseer en angs het haar meer krag en uithouvermoë gegee as wat sy kon dink sy in staat was. Wanneer sy effens tot haar sinne kom, het sy geskuil agter ‘n bessiedoringheining. Haar duur Gucci bloes is geskeur en sy hou die twee pante met haar linkerhand toe. Haar Asics hardloopskoene is vol bloed, waar sy deur dit geloop het.