Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
My seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad; want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet – Spreuke 1.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (29)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
More recently there has been no investigation of the impact of State Capture on the SANDF, notwithstanding the consistent rumours of the close political allegiance between the former chief of the SANDF, Solly Shoke, and the Zuma administration. As we reported in Part Two of the Russian Doll investigation, the military was the driving force behind draconian State of Emergency regulations drafted shortly before Zuma was pushed into leaving public office.
The Ramaphosa administration has not rocked the military boat, apparently for fear of it turning on him. Its support was, after all, crucial during the July 2021 rioting and looting instigated by a pro-Zuma faction.
However, this investigation exposes alleged criminality within the military which must be investigated and prosecuted by authorities outside of the military. For now, the targets of the alleged torture squad have been people, like Sphamandla, on the margins of society. However, if the Special Forces killed Mathipa, then it must be on account of a greater sense of power and protection.
Members of Parliament and aspirant MPs should know that if they do not push now for accountability there is no telling who will be next. This should give them all, including the President, sleepless nights until we have seen accountability.
- Hennie van Vuuren. 29 Nov 2023
*
More importantly, we are ahead of the ANC and EFF coalition of corruption which is also polling at 48%.
*
As an increasing number of South Africans turn to alternative power solutions, Eskom may soon be left with customers who cannot afford or refuse to pay for electricity.
This is feedback from former Eskom CEO Andre de Ruyter, who told Business Day Spotlight that Eskom’s current path is unsustainable.
“If you extrapolate from current trends, Eskom will eventually be left with a customer base of people who cannot afford electricity and therefore don’t pay for it,” he warned.
This comes as more South Africans have turned to energy sources like solar panels as a more reliable alternative to the state-owned power utility.
*
Skeer was nog altyd groot, fiks en sterk. Hy neem sorg om gereeld te oefen, te draf en fiks te bly. Nou sukkel hy om by Maya by te hou. Die skraal vrou is uiters fiks, taai en vlugvoetig, maar meer as dit – sy put van iewers af stamina wat amper bonatuurlik is. Rob en Bert raak so af en toe agter en dan kan Skeer sien dat die vrou gefrustreerd raak. Uiteraard is Ezra nog maar skaars vyf jaar oud en sy bene kort, maar die afgelope tyd het die outjie meer gerek as wat ‘n mens kon dink en hy bly grootliks by. Hier en daar sal Skeer hom optel en ‘n entjie saamdra, terwyl Bert sy geweer dra, as dit baie ongelyk of skerp afdraand is, maar as dit weer meer gelyk is, loop die mannetjie self.
Die oudste onder hulle, Rob, probeer alles binne sy vermoë om niemand terug te hou nie, maar sy ouderdom begin teen hom tel.
“Meneer, as daar iets in jou rugsak is wat jy nie dringend nodig gaan kry nie, stel ek voor dat jy dit uithaal en van ontslae raak.”
Rob skud net sy kop. Hy is te moeg om te praat, maar hy gaan nie van sy lewensbelangrike goed nou al ontslae raak nie. Bert vat sy pa se geweer.
“Ek dra hom net ‘n entjie, Pa, totdat Pa weer asem terugkry.”
Na ‘n uur en ‘n half, waarin hulle oor die berg se kruin is en deur twee klowe, wys Maya hulle om te rus. Sy self klim ‘n entjie teen ‘n hoogtetjie uit en sak op haar hurke neer. Sy neem die lang Steyr SSG en kyk versigtig vanaf die een kol na die ander vir beweging. So af en toe sal sy die fokus op die teleskoop verstel, teruggaan na ‘n plek waar sy dalk beweging gesien het of iets wat dalk verdag kan voorkom.
“Lê plat! Dadelik!” beveel sy.
Uit haar rugsak se boonste sakkie haal sy ‘n boontjiesak uit, plaas dit op een van die uitstulpende rotse, plaas die geweer daarop, gaan lê plat agter die klippe en haal die wapen oor.
Skeer het effens regop gekom, maar nog steeds verskuil. Hy kyk deur sy eie wapen se teleskoop na waar Maya korrel vat. As hy reg is en hy op dieselfde plek as sy kyk, is dit hopeloos te ver vir ‘n raakskoot. Ja, daar is beweging! ‘n Paar manne, met die nuwe kamoefleeruniform van die spesmagte, loop versigtig, maar vinnig ‘n opening binne tussen die lappies geharde boompies wat hier tussen die rotse, klippe en kort gras groei. Skeer stel sy eie teleskoop op maksimum vergroting en haal ook sy wapen oor. Dis egter baie ver en hy weet nie of hy moet afmik om te kompenseer vir die afstand nie. Miskien twee meter?
Terwyl hy nog probeer om die afstand te bepaal, knal Maya se geweer en die voorste man vou dubbeld asof hy in die wind geskop is. Die ander manne sak af en soek skuiling, maar dis yl en voordat hulle buite sig is, klap die volgende skoot en Skeer kan sien hoe ‘n ander man plat val. Hy soek ‘n teiken, maar daar is niks.
“Lê net stil julle almal!” sê Maya skerp.
“Maar hulle sal ons kom soek. Hulle weet mos nou waar ons is!”
“Nee, hulle weet nie. Ons is net meer as agt honderd meter van hulle af en die klowe en kranse maak eggo’s. Hulle weet nie waarvanaf die skoot gekom het nie.”
Skeer kyk na Maya, met nuwe respek in sy oë.
“Hoe…?”
“Hoe het ek geweet hulle volg ons? Ek het nie.”
“Nee, hoe kon jy op hierdie afstand raakskiet?”
Maya glimlag wrang.
“Jy het nog niks gesien nie, Ouboet. Gee kans.”
*
Die waarheid het hierdie mislike manier om nie net uit te kom nie, maar ook om die leuen in te haal en die verteller pak te gee. Die Nuwe Suid-Afrika is nie net uit gewoonte om die Nasionale Party te glo, gebore nie en die Afrikaners se bygelowigheid om van hulle en die Kerk te verskil nie, maar ook uit die leuen. Dit is waar dat politici selde die kieserskorps inlig oor wat werklik aan die gang is, maar die geskiedenis bepaal dikwels waar die valsheid vandaan kom en wie dit gepleeg het.
Selfs die ou Griekse filosowe (onthou dat Plato die vader van demokrasie is) het reeds lank voor die geboorte van Christus besef dat jy die burger met leuens moet oortuig wat hulle moet glo en met nuwe leuens die oues moet toesmeer. Die gewone Jan-alleman moet dus aanvaar dat daar vir hom gelieg sal word; dis net ‘n geval van hoe goed die leuen vertel word, wat saakmaak. Leukipides het gemymer dat die wêreld dalk anders sou lyk indien die owerhede die bevolking in waarheid sou onderrig, hulle daarmee vertrou, hulle saam laat besluit oor wat die optrede behoort te wees, dat die uitkomste moontlik anders sou wees. Dis immers hulle wat vir die gevolge betaal en meer dikwels as nie, met hulle lewens.
Min mense het besef wat die probleme werklik is waarmee die regering vanaf 1976, met die begin van die jeugopstande, tot en met die ontbinding van die MK in 1993, te make gehad het. Ja, daar is duidelike en onbetwisbare tekens dat die politici se gewetes saggemaak is met geld in oorsese bankrekenings, maar elke intelligente burger van Suid-Afrika in 2024 weet dat hulle tot in die uiterste graad belieg was vir meer as 40 jaar, maar veral vanaf 1992.
Ja, inderdaad is daar in 1983 en 1992 referendums gehou (met die belofte van ‘n opvolgreferendum daarna), maar ook hierin is die publiek soos sampioene behandel, deurdat hulle in die duister gehou is oor die werklike redes en met liegstories se mis gevoer.
Niemand hou daarvan om vir ‘n swaap voorgehou te word nie en die reaksie is grootliks woede wanneer die waarheid begin deursyfer. Die regering van na 1994 maak daarop staat dat hulle leuens deur onrealiseerbare beloftes verberg word, deur ‘n bevolking waarvan die gemiddelde IK minder as 70 is. Die gevolg is egter tweesnydend, deurdat ‘n mens wat relatief intellektueel gestremd is, nie die vermoë besit om ‘n deurdagte optrede te maak indien hy of sy kwaad word nie.
Die volgehoue leegsuig van alle staatsinstellings, met net die elite wat daaruit voordeel trek, begin sy uitwerking toon in die gebrek aan werksgeleenthede, met gepaardgaande armoede, die voedselinflasie wat die hoogte inskiet en daarmee saam die bekostigbaarheid van kos, die groot persentasie mense wat steeds in gehuggies bly in plaas van baksteenhuise, water wat besoedel is en die politici en hulle meelopers wat niks van hulle onverdiende kapitaal terugploeg ter wille van die voorspoed van die algemene bevolking nie.
Die gevolg kan dalk net wees dat die regerende party by die stembus nie die podium gaan behaal nie, maar ook dat hulle met die werklike mag van ‘n nuwe regsisteem te doene gaan kry. Plan A is om die bevolking weereens voor die tyd te belieg en plan B is om die mag met geweld te behou. En daarvoor het ‘n mens jou eie weermag nodig.
Word die benaming: “Umkonto weSizwe” lukraak gebruik, of is daar iets meer onheiligs aan gekoppel?
*
“Waar is Maya nou?”
Die groep het skaars vyf honderd meter verder geloop toe hulle agterkom dat Maya nie meer by hulle is nie. Sy was netnou nog voor hulle, maar soos mis voor die môreson, het sy net weggeraak.
Vier minute later knal ‘n skoot skuins na hulle regterkant, maar ‘n hele ent weg van hulle af. Wanneer Arno omkyk na waar die trefferskoot geklap het, sien hy ‘n gekamoefleerde liggaam op ‘n effense oop plek lê, sowat vier honderd meter vanwaar hulle uitwerk, die knal gekom het. Dit is duidelik dat die gesneuwelde op hulle spoor was.
‘n Tweede skoot knal min of meer vanaf die ligging van die eerste en nog ‘n man word dodelik getref.
Skeer, Kleinskeer en die ander slaan dadelik dekking, maar hulle kan nie sien waar die vyand homself skuilhou nie.
“Wat gaan aan, Skeer?”
“Maya gebruik ons vir lokaas.”