Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is – Spreuke 13:24
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (8)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
- Dr. HP Bauer – involved with operator “Rosie”, Dr. HJ Schuster – agent of FAS in the US, Julian Rosie – director of FAS in South Africa.
- Riaan Stander liased directly with intel. Officers from C1 (SA Police), namely Eugene de Kock, Chappies Kloppers, Pieter Botha and Willie Nortje. They asked help from Eastech to infiltrate rightwing groups in Pietersburg and for help in the movement of large quantities of weapons.
- MAS 57/08/92 – Pretoria North Case ref, investigation officer – Lt. Col. AE Botha conducted and investigation into the irregularities, but it was never made public or brought to court.
In October 1998, a German intelligence operator forwarded a document marked “Top Secret” to Gerhard Laubsher of the S.A. National Intelligence Agency, marked MZ/HRB/10-10/98 ser. Noj/IBI citing the disappearance of $223 104 000 008 from the South African economy through ‘black gold’ dealings.
In the report the following 47 persons were named:
FW de Klerk, Hernus Kriel, Chris Stals, Japie Jacobs, Org Marais, Anton Rupert, Johan Rupert, James Cross, Christo Wiese (SARB), Christo Wiese (Boland Bank), Dr. Swanepoel, Dr. Groenewald, Mr. Potgieter, Alwyn Lombard, Jan Lombard, Barend du Plessis, Commisionar Blaauw (western cape), Simon Nothnagel, Simon and Peter Nassau, Giel Nieuwoudt, Ben Zuma, Anton Welch, George Hill, BB de Klerk, Chris Nissan, Kobus Kirsten,Van Deventer, Boet Claasen, Big John Smith, Willem Korden/Kordan, Daniel Julius, Jan Koch, John and Faize Adams, Peter Blake, Nick Fourie, Magistrate Liebenberg, Casiem and Shahida Brey, Peter Mopp, Riaan Engelbrecht, Peter Goslar, Detective Justin Swart, Charles/Lester Newton, Robert Ferguson and Wynand Louw:
The report quotes:
4.7 The RSA has in excess 3000 tons of gold in storage. We can identify that Cloten in Switzerland, Luxembourg and London are used extensively for stored gold.
4.8 The RSA has a small refinery in Switzerland and deals with an other small refinery in Luxembourg (owned by Italian members) to refine gold, remove the markings on the gold.
4.9 The RSA selling 550 tons of gold every year and approximately 50 tons of gold is stolen every year.
4.12 Some of this money is then recycled back in RSA.
4.13 Some examples: The recent announced merger of Goldfields and Gencor. The purchase of BOE, NBS, OK Bazaars etc. by Christo Wiese. Old Mutual Bibby Group. Gencor’s Billiton Group. Rembrands Richmond Group. Anglo Americans Miners Group.
6.3 High yield investments goes generally through Volkskas Bank, Nedbank, Boland and Standard-Chartered Bank RSA, all with approval from the SARB.
6.4 Arnold van Eck, offshore in – Imposses des Michandes, Veyreier du Luc, 74000 Anmecy-France, Bis Avenue D’Albigny, 74000 Anmecy-Le Veux, Adriaan (Riaan) Stander, Switzerland, 17 Rue de Levi, Crans Montana.
*
Veraf, amper onhoorbaar, klink die dowwe geluid van ‘n ontploffing. Magnus Delport bly ‘n oomblik stil. Selfs sy ou ore kan die gedreun optel. Hy knik amper onopmerklik na die ander ou manne. Dan gaan hy aan:
“Stel julleself in ons skoene. Selfs so vroeg as 1950 het ons die skrif aan die muur gelees, met Florence Matomela wat ‘n anti-paswet optog gereël het. Dieselfde jaar het Nelson Mandela vir Ashley Peter Mda opgevolg as president van die ANC-jeugliga. Die grootste probleem was die boek van Walter Sisulu: ‘South Africa behind Bars’, wat uitgedeel is aan die verteenwoordigers van die UNO. Dit het onmeetbare skade aan ons blankes se beeld gedoen en terselfdetyd die ANC opgehemel. In 1950 het die regering besef hulle moet iets drasties doen en die Bevolkingsregistrasiewet van 1950 is geproklameer. Die vyftigs was ook die laaste dekade waarin die ANC openlik kon opereer. In 1960 was hulle verban, maar die skade is gedoen en miskien was die feit dat hulle ondergronds begin werk het, skadeliker vir die apartheidsbeleid. In 1961 het die Republiek tot stand gekom en was ons tegnies onder die beskerming van Engeland uit. Ironies genoeg het die Engelse begin met die beleid van afsonderlike ontwikkeling, of tewel segregasie. Selfs die naam ‘Apartheid’ is aanvanklik genoem deur buitelandse media en nie deur ons nie. Dis natuurlik gou verdraai om as ‘Apart-hate’ bekend te word. Dit was soos om olie in jou hand vas te hou. Hoe harder jy gedruk het, hoe meer syfer dit deur jou vingers. ‘n Ander ironie was dat die witman se vindingrykheid, harde werk en opoffering na die Tweede Wêreldoorlog, die klimaat geskep het vir swartmense om onbeheerbaar aan te teel. In 1950 was daar 15, 3 miljoen mense in totaal in Suid-Afrika. In 1967 was daar 4 miljoen blankes en 16 miljoen swartmense. Tans is daar steeds rondom 4,5 miljoen blankes en meer as 50 miljoen swart.”
“Ek hoop jy gaan gou by ‘n punt uitkom. Dit raak laat.”
“Gee kans, Brigadier. Ek belowe ek mors nie net julle tyd nie.”
“Ek hoop werklik ook so.”
“Laat ek aangaan. In 1958 het Hendrik Verwoerd die Eerste Minister geword; hy het ons land deur die referendum van 1960 gelei en die eerste Eerste Minister van die nuwe Republiek geword. Ons het almal gedink dat hier nou ‘n man was wat ons kon help om op die regte pad te bly! Hy was ‘n akademikus, vreemd genoeg nie in iets soos staatsleer nie, maar in toegepaste Sielkunde en Sosiologie. Hy was die redakteur van die Transvaler en het eers daarna die politiek betree. As daar iemand was wat Apartheid sy bestek gegee het, was dit hy. Hy was ‘n man met onmeetbare charisma en was soort van ‘n vaderfiguur vir die mense. Die grootste deel van die blanke bevolking het hom blindelings gevolg. Natuurlik was hy vir linkse faksie ‘n blaas op die voet en David Pratt het hom op 9 April 1961 probeer vermoor deur hom by die Paasskou op kort afstand in die gesig te skiet.”
“Dit weet ons al. En ons weet ook dat hy heel moontlik met ‘n Walther PP skyfskietpistool geskiet is en nie met ‘n goedkoop Iver Johnson rewolwer nie.”
‘n Verbaasde uitdrukking kom oor Magnus se gesig.
“Hoe weet julle dit?”
“There are more things in heaven and earth, Horatio, than are dreamt of in your philosophy.”
“So, jy ken ‘n bietjie van Shakespeare. Wat beteken dit?”
“Dit beteken dat ons dalk net genoeg weet om te kan sien as ons bull-dust gevoer word.”
Magnus sug diep en lank.
“Nou goed. Ek wil asseblief aangaan. Julle het miskien nog baie tyd, maar ons paar het nie veel nie.”
Die geklap van helikopter-rotors is hoorbaar, eers veraf en dan nader. Na ‘n ruk klink dit amper asof die tuig bo—oor die huis hang, of ten minste naby, maar na ‘n paar minute verminder die geraas en word dit stil. Dis duidelik dat Magnus Delport en die ander ou manne dit verwag het. Hulle lyk sommer dadelik asof hulle meer in beheer van die situasie is, hulle ontspan sigbaar en Magnus Delport praat met nuwe gesag in sy stem.
“Jou manne?” vra Skeer ongeërg.
“Dit is”.
“Is daar rede vir ons om ontsteld te wees daaroor?”
“Nie noodwendig nie. Dit hang van julle af. Maar kan ek nou aangaan? Dis nogal belangrik.”
“Jy kan. Maar die eerste man wat daardeur kom… jy weet dis julle einde dan, nê?”
“Ons einde is in elk geval naby, seuntjie. Dit maak ons nie meer bang nie.”.
Magnus skep ‘n oomblik asem en vat ‘n slukkie uit die glas.
“Sharpeville het ons half onkant gevang. Sharpeville was op 21 Maart 1960 die toneel van die sogenaamde Sharpeville-slagting, waarvan die internasionale gemeenskap met skok kennis geneem het en wat aanleiding tot landwye opstande gegee het. Daar is beweer dat die swart betogings in Sharpeville tot 'n paniekbevange reaksie deur die polisie gelei het. 'n Geregtelike ondersoek het getoon dat die meeste van die 69 slagoffers van agter geskiet is. Die regering het 'n noodtoestand verklaar en 'n verbod op die African National Congress en die Pan Africanist Congress, van Robert Sobukwe, geplaas. Nelson Mandela het daarop sy beleid van vreedsame verset laat vaar en die ANC se militêre vleuel, die Umkhonto we Sizwe, gestig.”
“Het julle geweet dat Verwoerd uit die Broederbond bedank het in 1966? Sonder enige waarskuwing, vooraf konultasie, niks, nada, hai-zikho, ahuna.”
“En dit was ‘n reuse skok vir jou en jou maatjies?”
“Dit was nogal. En terloops: ek sal ‘n bietjie meer respek toon teenoor ons. Julle is nie al mense met wapens hier nie.”
“Nee, maar ons is al mense met wapens in hierdie kamer.”
“Kom ons laat dit daar. Miskien, as julle al die feite ken, sal julle hier kan uitgaan en ons saak voortsit en nie verder probeer kelder nie. Nou ja, waar was ek? Ja, Verwoerd. Hy het vir ‘n vakansie na sy strandhuis toe gegaan, ek dink in Bettysbaai, en anders teruggekom. As ek sê ‘anders’, dan is dit met nuwe vuur en doelgerigtheid, maar hy het nie een van ons in die oë gekyk nie. Kom ons sê hy het ‘n politieke bekering gehad. Hy het uit die Broederbond bedank en sou die parlement toespreek oor ‘n ‘nuwe wending’. Hy het sy aktetas die hele tyd by hom gehou en nie eens toegelaat dat sy sekretaris daaraan raak nie.”
“En om seker te maak hy kelder nie julle planne nie, laat julle hom vermoor deur Dimitri Tsafendas, wat onbevoeg verklaar is op psigiatriese gronde om in die hof te verskyn. En die psigiater was dieselfde een wat vir David Pratt ondesoek het?”
Magnus haal sy moeë skouers op.
“Dit was onvermydelik.”
“En die aktetas?”
“John Vorster het dit dadelik gevat, net toe Verwoerd inmekaarsak.”
“En wat het daarna daarvan geword?”
“Ons sal daarby kom.”
(RAUTEM)