NUUTSTE BYDRAES

KERSDAG 2022

Ds A.E. van den Berg

“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” (Jes.61:1)

Dis vandag Kersfees, ʼn anderse dag as ander Christelike feesdae omdat dit uitsluitlik van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar Kersfees is vreugde. ’n Mens sou graag van die Kersfees-gees in flesse wou opvang, bewaar en maandeliks een oopmaak.  

Dis goed om tydens Kersfees opgewonde soos ’n kind te wees, want ons Verlosser het immers as kind na die aarde gekom.   Kersfees moet egter in ’n mens se hart wees. Wie dit nie in sy hart het nie, soek tevergeefs daarna in geskenkpapier toegedraai. Kersfees is ’n hartsaak.

Kersfees is ’n tyd van die jaar wat ’n mens nie alleen wil deurbring nie. Hoe vreeslik om ʼn kaggelvuur in jou hart te hê, maar niemand om langs jou te sit nie!   Die hartseerste is wanneer mense slegs die opwinding van ’n Kersfees wil beleef, maar geen begeerte het om die Vredevors, die Een waaroor Kersfees gaan, as Verlosser en Saligmaker wil aanvaar nie!

Daar is geen Persoon na wie se koms so uitgesien as Jesus s’n nie. Die Jode het eeue lank die koms van die Messias verwag omdat dit deur profete voorspel is.   Hierdie verwagte koms van die Messias was ’n ernstige geloofsaak omdat dit alles met hul ewige eindbestemming te doen gehad het.  

Gestel jy moet by ’n sekere bestemming uitkom, maar die pad daarheen is so moeilik dat min by die eindbestemming uitkom. Dan hoor jy van ’n ander pad wat gemaak is; nuut, korter en makliker en almal wat dit volg, bereik hul eindbestemming.   Sal jy nie van koers verander nie?   Beslis en dankbaar!  

Dis wat Jesus vir die Jode en daarna vir alle gelowiges kom doen het. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename” (Gal.3:29).  Jesus het ’n nuwe pad hemel-toe gemaak.  

Die Jode het moeilik in die hemel gekom. Hulle moes twee dinge doen; die Wet onderhou en glo dat die Messias sou kom. Die onderhouding van die Wet was feitlik onmoontlik, sodat min die hemel beërwe het. Die vooruit gesiene geloof in die koms van die Messias was so ’n werklikheid dat hulle tydens elke Joodse fees ’n ekstra plek aan die feestafel gedek het, ingeval die Messias by hul opdaag.   Die oop stoel en gedekte plek aan die tafel het van ’n lewende verwagting getuig: Die Messias kom voorwaar!

Toe Jesus die nag gebore is, het God gesorg dat mense dit weet. Hy het op ’n plek begin waar dit die minste verwag is – by ’n weiveld en herders. As ons aan herders dink, het ons altyd ’n positiewe beeld. “Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie” (Ps.23) “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape” (Joh.10).Beide spreek van liefde vir skape (sondaars).

In Jesus se tyd het herders nie ʼn goeie naam gehad nie. Sommige was skurke wat nêrens anders werk kon kry nie. Van hulle het selfs van hul werkgewers se skape verkoop, die geld in hul sak gesteek en die eienaars vertel dat roofdiere die skape gevang het.   So is Jode bv. verbied om vleis, wol of melk by herders te koop. Daarbenewens het hulle so ’n reputasie gehad dat hul getuienis nie in die Joodse Raad aanvaar is nie. Hulle was die uitvaagsels van die samelewing met wie jy jou nie opgehou het nie.    

Gevolglik het God ’n vreemde ding gedoen toe Hy engele na herders gestuur het om die koms van die Messias aan te kondig. Hy kon die engele na ʼn meer verdienstelike groep gestuur het.   Desondanks stuur Hy hulle na ’n groep mense wat nie eens as waardige getuies geag is nie.

God kon sy engele na die heilige tempel-sale gestuur het. Dit sou meer gepas wees en die boodskap van die koms van die Messias duideliker verstaan en vinniger versprei word.   God doen dit egter nie. Hy stuur sy engele na die landbousektor waar veragte mense werksaam was om die Kersboodskap te benadruk – Jesus vereenselwig Hom met sondaars.

In Luk.19:10 word die doel van die koms van die Messias duidelik uitgespel: Hy het gekom, gesoek en gered. Jesus sê by geleentheid dat gesonde mense die dokter nie nodig het nie, maar siekes; presies wat Hy in Jesus kom doen het; sondaars van hul sonde bevry.   Ek wonder hoeveel mense besef dit? Kersfees word tog so maklik in ydelheid deurgebring sonder dat mense weet waaroor dit gaan. Jesus het op Kersdag die lint gesny wat die nuwe pad na die hemel open!

In ons gelese gedeelte is Jesus 750 jaar voor sy geboorte aan die woord: “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis”  Dis die kersboodskap in die OT!

Jesus praat hier van ootmoediges - mense sonder aansien; die onderlaag van die samelewing - die vaal mannetjies en vroutjies van die lewe.   Hierdie onderlaag was dikwels die vloermat van die bolaag en op getrap. Hulle kon nie op mense-hulp staatmaak nie; slegs God kon vir hulle uitkoms bring.  

Dis hoe dit met die skaapwagters met Jesus se geboorte was.   Daarom was dit vir ootmoediges wonderlik toe Jesus tydens sy aardse bediening by tollenaars en sondaars (kerklos mense) geëet het. Hy is deur die kerklui van sy tyd as ’n besondere Rabbi geag. Daarom het hulle niks daarvan gehou dat Hy hom met die onderlaag van die samelewing ophou nie.  

Wanneer die engel aan die herders verskyn, praat hy spesifiek met hulle en nie met die kerklui of enige ander Joodse groep nie. Moenie vrees nie, ek bring vir julle ’n goeie tyding “. God het iets vir veragte mense te sê: “...dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker, wat Christus die Here is”. Daar het redding vir die vodde van die huis van Dawid gekom!

God is lief vir eenvoudige gelowiges. Die Bybel vertel aangrypende verhale van ’n onderlaag wat geestelik uitgestyg en in die kerk leiding geneem het. Die steen wat die bouers verwerp het, word dikwels ’n hoeksteen.   Die herders van weleer het agter in die ry gestaan en in die vergetelheid van veragting versink.   God het hulle agter uit die ry gaan haal en na vore gebring om eerste getuies van Jesus se koms te wees. Wat eerste is, sal laaste wees en wat laaste is, eerste!

God gebruik tot vandag toe dikwels mense wat nie geleerdheid, geld, aansien of wat ook al het, om kragtige getuies te wees. Koningskinders hoef geen akademiese sertifikate, aansien of stoflike welvaart te hê nie; slegs een kwalifikasie – hulle harte moet in die bloed van Christus gewas wees sodat hulle vry en nie meer gevangenes van Satan is nie.

Dek hierdie Kersfees opnuut vir Jesus plek in jou hart en laat Hom jou belangrikste gas wees!   Onthou ook dat Hy die enigste Gas in jou liggaam kan wees, Hy deel nie ‘n huis met Satan of sy demone nie!!!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 753 gaste aanlyn