STATEBONDSPELE OPEN MET AANBIDDING VAN LUCIFER

https://youtu.be/GoWRwEKbY9A

Dat ons in die eindtyd leef is ‘n feit soos die bul wat tydens die opening van die Statebondspele aanbid is. Vir ‘n konserwatiewe christen is dit ‘n skok om die toneel te aanskou. U kan die video by die skakel hierbo kyk.

Die Statebondspele, dikwels na verwys as die Vriendskaplike Spele, is 'n vierjaarlikse internasionale multi-sportbyeenkoms onder atlete van die Statebond van Nasies. Die geleentheid is vir die eerste keer in 1930 gehou en, met die uitsondering van 1942 en 1946, is dit sedertdien elke vier jaar gehou.

Hierdie jaar, 2022, vind dit in Birmingham, Engeland, van 28 Julie tot 8 Augustus plaas.

Die Statebond is 'n vrywillige vereniging van 54 onafhanklike lande, wat byna almal voorheen onder Britse bewind was. Die Republiek van Ierland asook Zimbabwe was egter so wys om reeds jare tevore as lede daarvan te bedank. Die oorsprong van die Statebond kom van Brittanje se voormalige Ryk.

Met die sataniese opening van die Spele beteken dit dat die hele Spele hierdie jaar aan Lucifer opgedra is. Dit bring die vraag: waar laat dit ons Suid-Afrikaners wat daaraan deelneem. Bekendes soos Tatjana Schoenmaker het ‘n goue medalje in swem gewen asook swemmers Van Niekerk en Coetzee. Chad Le Clos het ‘n silwer medalje in swem gekry. Die Blitsbokke het Fiji in die Sewes Finaal – nogal op Sondag – gewen en ‘n goue medalje gekry. Ook die Proteas het aan die Spele deelgeneem. Al hierdie gegewens kan op die webwerf https://ewn.co.za/0001/01/01/schoenmaker-blitzboks-add-more-gold-to-sa-s-commonwealth-games-campaign gesien word.

Indien hierdie Suid-Afrikaners die opening bygewoon en die duiwelse aanbidding aanskou het, waarom het hulle steeds daaraan deelgeneem? Beteken dit dat hulle hul goedkeuring daaraan gegee het? Die bul word wel voorgehou as ‘n toeriste-aantreklikheid maar dit is egter ‘n front want hy is oa as die “engel van die lig” beskryf en het tydens die Spele oor die spelers “gewaak”.

Die sportafgod is grootliks die rede waarom ons land aan barbare weggegee is; sterk sportmanne- en -vroue sou enigiets prysgee om weer oorsee te kon deelneem, selfs hulle vaderland. Sal hulle en hul ondersteuners se oë gesluit bly te midde van Lucifer se wêreldoorname?