SJINA TOT OORLOG GEDWING

Nancy Polosi, "Speaker" van die huis van Verteenwoordigers in die VSA, is hierdie week afgevaardig om Amerika se steun persoonlik aan Taiwan oor te dra.  Dit het Sjina geweldig ontstel, in so mate dat hulle gisteraand ses militêre zones rondom Taiwan opgerig het om gereed te maak vir oorlog indien nodig.

Sjina beskou Taiwan steeds as deel van Sjina en sal met alle wapentuig veg om dit weer met hulle te verenig, word daar beweer.  Maar daar is meer hieragter.  Die VSA maak misbruik van hierdie situasie deur Polosi na Sjina te stuur om hulle steun te verseker, met die wete dat dit Sjina die harnas sal injaag. Klink dit nie bekend nie? Tipies Biden-administrasie soos hulle met Oekraîne gedoen het; gee hulle steun daar en dwing Rusland só om die Oekraîne binne te val.

Intussen koester Sjina al jare lank die gedagte om die VSA totaal in te neem en nou lyk dit asof hulle gouer die geleentheid gaan kry as hulle aanvanklike beplanning vir 2035. Daarom maak dit sin as Sjina Taiwan aanval; Amerika sal dan sy woord gestand moet doen en Taiwan kom help veg, en dit sal Sjina die geleentheid gee om die oorlog teen die VSA te begin.

Die video by die skakel hieronder is 'n nuusbulletin met beeldmateriaal oor die situasie daar:

https://lovinglifetv.com/could-pelosis-visit-to-taiwan-lead-to-a-new-war-in-the-south-china-sea/