1942: OPROEP OM KRYGS- HERINNERINGE TE BOEKSTAAF

KULTUURDAGBOEK 3 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

In 'n sterk hoofartikel op hierdie dag steun Die Transvaler 'n hernieude oproep van dr EG Jansen dat die herinneringe van die Boerekrygers in die Tweede Vryheidsoorlog op skrif gestel moet word.

Die blad wys daarop dat herhaalde versoeke in diƩ verband op dowe ore geval het en dat "die behoefte aan lektuur oor die oorlog met die dag groter word".

Kort daarna (in 1943) het ds EC Anderssen van Johannesburg sy boekie 'Die verlede herleef' die lig laat sien.

Vandag is daar talle bronne waar inligting oor verskeie herinneringe van Boerekrygers nageslaan kan word. Op hierdie web is daar onder andere 'n interessante reeks oor die herinneringe van die jong Johannes Petrus Botha wat gelees kan word by Met Ryperd en Mauser .