Lees volledig by Kultuurdagboek
1973: Die komitee van die FAK vir teater-, rolprent- en uitsaaikunste word gestig. Die Hoofbestuur van die FAK het op hierdie dag, ná aanbevelings van 'n ondersoekkomitee, besluit dat 'n onderkomitee van die Hoofbestuur vir Teater-, Televisie- en Rolprentsake ingestel word, en dat die komitee uit vyf benoemde lede bestaan. Die eerste komiteevoorsitter was prof G Cronjé. Die komitee, waarvan die naam op 4 Julie 1977 in Teater-, Rolprent- en Uitsaaikunstekomitee verander is, se opdrag was om die Hoofbestuur van raad te bedien oor die bevordering van Afrikaanse teater-, rolprent-, televisie- en verwante aangeleenthede; die beroepsmoontlikhede en opleiding van die Afrikaner in die teater-, rolprent- en televisiebedryf; en die aanmoediging van Afrikaanse skeppende en uitvoerende kunstenaars in dié bedryf.
1909: Suid-Afrika-Wet word onderteken. Lees hieroor in hoofartikel.