KULTUUR- DAGBOEK 1 MEI

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 'n Nuwe psalmboek waarvan 50 eksemplare uit Nederland bestel is, word op hierdie Sondag in 1775 vir die eerste keer in die Gereformeerde Kerk aan die Kaap gebruik.

2. Die hoofsetel van die Zuid-Afrikaansche Republiek verskuif van Potchefstroom na Pretoria in 1860.

3. Die Spesiale Diensbataljon (SDB), 'n eenheid van die Unie-Verdedigingsmag, is in 1933 op voorstel van kol Pierre van Ryneveld gestig met lt. kol George E Brink as stigter en eerste bevelvoerder. Dit het bestaan tot 18 Oktober 1946.

4. 1955: Met die stigting van die Trust-Bank van Afrika Beperk, is 'n Afrikaanse bankinstelling in die lewe geroep wat spoedig sou groei tot een van die vyf groot banke in Suid-Afrika.

5. Die  ANC stel die kommunistiese handleiding, die 'Freedom Charter' deur die hand van Joe Slovo ter skrif. Dit is die dokument wat na 1994 in werking gestel is om die blanke in Suid-Afrika van sy land en sy lewe te beroof.

1882: Hollands word in die Kaapse Parlement toegelaat. Lees hieroor in hoofartikel.