KULTUURDAGBOEK 25 APRIL
Lees reeks by Kultuurdagboek
Die inskakeling by die gemeenskapslewe van sy nuwe vaderland verloop vir geen immigrant sonder probleme nie. Daarom het die owerheid die MEI, wat in Mei 1949 as nutsmaatskappy geregistreer is, versoek om aandag te gee aan die inskakelingsprobleme van immigrante. Natuurlik was daar nie so 'n onbeheerde toestroming van immigrante na Suid-Afrika soos vandag waar die Swart owerheid nie eers 'n benul het hoeveel immigrante werklik in die land is nie. Die kontrole was goed en daarom was daar 'n bewustheid van die behoeftes van elke immigrant.
Met sy hoofkantoor in Pretoria en nege streekkantore deur die land, beywer die MEI hom toe daarvoor om die immigrant direk na sy aankoms met simpatieke immigrantvriende in verbinding te stel en om hom deur basiese oriëntering met betrekking tot die belangrikste probleemvlakke, vertroud te maak met die Suid-Afrikaanse leefwyse en die Afrikaner se lewens- en wêreldbeskouing. Hierin werk die Afrikaanse kere en nasionale kultuurorganisasies toe saam. Die doel hiervan was om die immigrant so gou moontlik geestelik, opvoedkundig en kultureel-maatskaplik tuis te maak in die Afrikaner se kerk, skool en kultureel-maatskaplike lewe.
Besondere aandag is gegee aan die immigrantevrou en –kind deur middel van demonstrasies, kursusse, lesings, uitstappies, kampe, ens, terwyl daar ook gepoog is om die immigrant se bydrae tot die samelewing in Suid-Afrika te beklemtoon. Die einddoel was om die immigrant as vreemdeling, volledig te assimileer. Natuurlik is daar vandag onder die ANC geen sprake van so 'n begeleidingsorganisasie nie en is Suid-Afrika met miljoene onwettige Swart immigrante uit ander Afrikastate oorstroom wat grootlik bydra tot die onbeheerde misdaad in die land.