KULTUUR- DAGBOEK 20 APRIL

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. Port Elizabeth in die Oos-Kaap word in 1820 gestig deur die waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie, sir Rufane Shaw Donkin, wat dit na sy vrou Elizabeth vernoem Die plaas Strandfontein, vandag 'n woonbuurt en strand in Port Elizabeth, het aan die Voortrekker Piet Retief behoort.

2. Oliver John (Jack) Hindon word in 1847 gebore. Lees hieroor in hoofartikel.

Nicolaas Georg (Klaas) Steytler, (skuilnaam Jan Harmse) joernalis (Die Vaderland en Transvaler) redakteur (Huisgenoot), vertaler en Afrikaanse skrywer (oa van Ons Oorlog) is in 1922 op Ladybrand in die Vrystaat gebore. Hy was met die Afrikaanse skryfster, Elsa Joubert, getroud.