KULTUUR- DAGBOEK 15 APRIL

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. Die eerste telegraafverbinding in die Kaapkolonie word in 1860 in gebruik geneem.

2. 1953: ALGEMENE VERKIESING
Toe dr DF Malan in 1948 premier geword het en daardeur aan die Afrikaner politieke mag in sy land besorg het, het baie mense geglo dat dit 'n toevallige, fratsgebeurtenis is.  Om te verseker dat hierdie Afrikanergesag spoedig afgetakel word is 'n haatveldtog in die buiteland  deur magte vanuit Suid-Afrika daarteen ontketen.  Die verkiesings van Maart 1949 vir die provinsiale rade het egter getoon dat die Volksraadsukses nie 'n politieke glips was nie.

Op 1 Augustus 1951 het NC Havenga met sy Afrikanerparty buitendien ten volle in die HNP van dr Malan opgegaan sodat die Afrikaner se politieke eenheid verder bevorder is.  Die verkiesing van 1953 is nogtans met bitterheid teen die Afrikaner van stapel laat loop. Die ses Suidwes-lede vir die Volksraad wat op 30 Augustus 1950 verkies is, was immers ondersteuners van dr Malan. Die gevolg was die skepping van die sogenaamde United Front wat die Torch Commando en die Springbok Legion ingesluit het om die Afrikaner polities, kultureel en andersins aan te tas. Die opposisie onder JGN Strauss wou veral deur middel van die regsplegende gesag die mag van dr Malan polities beperk maar dr Malan het in die gees van Paul Kruger gehandel. Hy het naamlik bevestig dat die wettig verkose verteenwoordigers van die volk se wetgewende demokratiese gesag die hoogste orde vorm en nie deur ander aangestelde liggame soos appèlhowe aan bande gelê mag word nie. Soos SJP Kruger baie jare vroeër gesê het: in die stem van die volk hoor ek die stem van God.
Dr Malan se Nasionale Party het ook 94 uit 156 setels teenoor die oppisisie se 62 verower.