KULTUUR- DAGBOEK 25 MAART

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 1765: Sondagarbeid aan De Kaap de Goede Hoop word deur die Politieke Raad verbied. Slawe wat kos en ware op straat verkoop en ook dié in die boubedryf wat op Sondae werk, word met 50 Riksdaalders beboet.

2. 1908: Die Oranje-Vrouevereniging word op pres Steyn se plaas Onzerust by Bloemfontein gestig ter opheffing van die toestand van die Afrikaners ná die oorlog. Eerste voorsitter was mev Tibbie Steyn.

3. 1943: Johannes van der Walt, stoeier, sport- en volksheld en lid van die Ossewa-Brandwag, sterf as verlamde as gevolg van 'n polisiekoeël in 1942. Sy begrafnis op 28 Maart 1943 in Johannesburg word deur ongeveer 50 000 Afrikaners bygewoon. 'n Gendenkplaat is vir hom op 10 Oktober 1975 by RAU onthul.

4. 1647: Die Haarlem, lid van die VOC se retoervloot oppad terug na Nederland, is in hierdie namiddag deur 'n suidoostewind op Bloubergstrand gedryf. Die skipbreukelinge het 'n sandfort opgerig en 'n tuin aangelê, groente geplant van saad wat uit die wrak gered is en het húlle later dan ook self aanbeveel dat 'n verversingspos aan die suidpunt van Afrika aangelê word. So het dié stranding bygedra tot die stigting van die Kaapse versingspos in 1652.