Lees volledig by Kultuurdagboek
1.1751: Ryk Tulbach volg sy swaer Hendrik Swellengrebel op as goewerneur aan die Kaap.
2.1950: Daniƫl Cornelis Boonzaaier, eerste amptelike spotprettekenaar in Suid-Afrika verbonde aan 'n koerant, is in Kaapstad oorlede. Hy was die kunstenaar Gregoire Boonzaaier se pa.
3.1982: Die Konserwatiewe Party (KP) word onder leiding van dr Andries Treurnicht in die Skilpadsaal in Pretoria gestig.