KULTUURDAGBOEK 25 FEBRUARIE

Staatspresident Paul Kruger proklameer die Groenkloof-natuurreservaat buite Pretoria in 1895 met die oog op die beskerming van onder andere die oribi (oorbietjie) teen uitwissing deur jagters. Dis die eerste amptelike wildreservaat in Afrika.

Die Slag by Yzerspruit: die burgers onder leiding van genls De la Rey en Kemp verslaan die Britse magte op hierdie dag in 1902 by Yzerspruit in Transvaal, en buit groot hoeveelhede ammunisie, 2 veldkanonne en 'n pom-pom.