KULTUURDAGBOEK 10 FEBRUARIE

Manie Maritz, Wynand Malan en Genis de Wet steek die grens by Zanddrift oor na die Kaapkolonie in 1901 tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Genl Edwin Alfred Conroy, lyfwag van pres MT Steyn, kommandant van die Kaapse Rebellemag tydens die Tweede Vryheidsoorlog en 1914-rebel, is in 1947 op Parys in die Vrystaat oorlede.