1916: TAFELBERG- UITGEWERS GESTIG

KULTUURDAGBOEK 9 MAART

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die Afrikanervolk het in die tydvak ná die Tweede Vryheidsoorlog die behoefte aan geestelike en politieke uiting gehad. Die Nasionale Pers se publikasies het ter gedeeltelike vervulling hiervan, in en ná 1915 tot stand gekom. In die jare daarna het sy boeke en publikasies grootliks bygedra tot die ontwikkeling van Afrikaans as gevestigde geskrewe taal.

Die geskiedenis van Tafelberg-Uitgewers, as direkte afstammeling van die Nasionale Pers, wat sedert 9 Maart 1916 met boekhandelbedrywighede in Bloemfontein begin het, is in baie opsigte die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Dit is baie duidelik te meet aan die talle literêre pryse wat in die loop van die jare aan hom toegeken is. So, bv. is die Hertzogprys, uit 43 toekennings, altesaam 24 keer deur skrywers wat deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer het, verower.