1941: VOLKSPELE- BEWEGING GESTIG

KULTUURDAGBOEK 1 MAART

Lees volledig by Kultuurdagboek

In die begin van 1941 het die Reddingsdaadbond na vore gekom om Volkspele onder sy pas gestigte Afdeling vir Vryetydsbesteding onder sy vleuels te neem. Dit is toe dat die Uniale Komitee vir Volksang en Volkspele en Provinsiale en Gewestelike Volkspelekomitees in die lewe geroep is.

Die eerste Uniale Komitee het bestaan uit dr SH Pellissier (voorsitter); adv JF Marais (sekretaris); dr N Diederichs (namens die Reddingsdaadbond).

Die eerste vergadering is deur dr Sp vd Walt geopen. Wat baie interessant en van historiese belang is, is die feit dat die notule van hierdie vergadering deur adv. JF Marais geskrywe is op 22  Maart 1941 in die Marshallplein-polisieselle, waar hy destyds aangehou is en daarna na die Interneringskamp op Koffiefontein gestuur is.

Die organisasie van die Volkspelebeweging het dus in moeilike tye begin maar met die destydse toe nog suiwer drie Afrikaanse kerke verteenwoordig  in sy sentrale bestuur, en met die goeie wil en belangstelling van die Afrikanervolk, het hy van krag tot krag gegroei.