KULTUURDAGBOEK 28 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die ekonomiese depressie van 1929 tot 1932 het verreikende politieke gevolge vir Suid-Afrika gehad. Genl Smuts het aangedring op die bedanking van die Hertzog-regering sodat ‘n ware nasionale regering gevorm kan word.
Hertzog was nie hiervoor te vinde nie en het ook enige koalisie-gerugte ontken. Nasionaliste was gevolglik verslae toe Hertzog op 14 Februarie 1933 plotseling sewe punte bekend gemaak het waarop hy bereid was om met Smuts in ‘n koalisie aan te gaan. Die punte het onder meer gegaan oor die handhawing van die Unie se soewerein onafhanklike status.
Op 28 Februarie het Hertzog in die Volksraad aangekondig dat hy en Smuts ooreengekom het om ‘n koalisie-regering saam te stel.