KULTUURDAGBOEK 26 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die voorstanders van Afrikaans het dadelik besef dat ‘n Afrikaanse spraakkuns onontbeerlik is. Nog voor die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners skryf Een Ware Afrikaander (ds SJ du Toit) op 30 Januarie 1875 aan Klaas Waarzegger jr (CP Hoogenhou) oor die Eerste Beginsels van die AfrikaanseTaal onder meer “Die eerste vraag sal wees... wat is die Afrikaanse taal?"
Die eerste boekies is geskryf en gedruk ooreenkomstig ‘n bepaling in die statute van die GRA.
Die naam van die vroegste werkie is Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal (1876) wat veral die hand van ds SJ du Toit verraai maar waaraan ook eerw JW van der Rijst en CP Hoogenhout meegewerk het. Dit was maar dun en het slegs 29 bladsye leesstof bevat.
Ses jaar later is dit herdruk en in 1897 deur ds Du Toit enigsins omgewerk, toe 6 000 eksemplare van die Fergelykende Taalkunde fan Afrikaans en Engels, soos dit geheet het, herdruk is. In 1902 was ‘n herdruk reeds nodig.
Die GRA is op hulle vergaderingsgereeld op die hoogte gehou van die vordering wat gemaak is met die skryf en publikasie van Eerste Beginsels.