1890: ORDE VAN NEDERLANDSE LEEU AAN PRES KRUGER TOEGEKEN

KULTUURDAGBOEK 16 FEBRUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Op hierdie datum is aan Paul Kruger by Nederlandse koninklike besluit, nr. 11, die onderskeiding toegeken van Ridder Grootkruis in die Orde van die Nederlandse Leeu. Die toekenning is op 29 September 1851 deur koning Willem I van Nederland ingestel.
Dit is aan Kruger met die oog op die Nederlandse koning, Willem III, se verjaardag op 19 Februarie 1890 toegeken.

Die Orde word aan burgerlikes vir diens aan die vaderland toegeken. In buitengewone omstandighede kan dit ook aan buitelanders — soos met Kruger die geval was — oorhandig word. Dan sluit dit mense in wat waardevolle dienste en bewyse van liefde aan die medemens gelewer het, of wat op die terrein van die wetenskap en kuns gepresteer het.