1976: 1e STUDENTE REGISTREER VIR NAGRAADSE DIPLOMA IN MUSEUMKUNDE BY UP

KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die Raad van die Universiteit van Pretoria en die Departement Nasionale Opvoeding het die instelling van 'n nagraads diplomakursus in Museumkunde aan die Universiteit goedgekeur met ingang van 1976. Dit was die verwesenliking van 'n ideaal wat lank reeds deur kultuurleiers gekoester is.

In die lig van die toenemende belangstelling in en die uitbreiding van die museumwese dwarsdeur die land, en ook die oplewing in bewaringsbewustheid wat toe oral sigbaar geword het, was dit inderdaad 'n voorwaartse stap om te verseker dat die natuur-, kuns- en kultuurhistoriese erfenis van die volk deur opgeleide en akademies geskoolde museumkundiges op wetenskaplike wyse vir die nageslag bewaar word.