KULTUURDAGBOEK 12 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Voortrekkergesinne het hulle in die jaar sestig van die 19e eeu op plase op die oostelike Hoƫveld gevestig. Ds. Frans Lion Cachet van die NG gemeente Utrecht in Natal het vir die Trekkergesinne 'n gemeente op 5 en 6 November 1870 gestig, en hieruit het die kerkdorp ontstaan wat deur ds. Cachet Ermelo genoem is ter ere van sy sendingleermeester ds. Witteveen van Ermelo, Nederland.
'n Noue verbintenis bestaan steeds tussen die Ermelo's in Suid-Afrika en Nederland. In die Engelse Oorlog is Ermelo met die uitsondering van een woning geheel en al deur die Engelse afgebrand, maar die dorp het uit die as verrys en die hoofdorp van Suidoos-Transvaal geword.