KULTUURDAGBOEK 8 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Een van die skitterendste oorwinnings in die Transvaalse Vryheidsoorlog is op Skuinshoogte deur genl. Nicolaas Smit en sy ongeveer 100 man oor genl. Colley en sy ongeveer 600 man, bygestaan deur 'n ruitery en vier kanonne, behaal. Die slag het tussen ongeveer 09h00 en 19h00 plaasgevind. Agt Boere is in die slag dood en 'n paar is gewond. Daarteenoor is daar van Colley se mag, nadat baie lyke in die nag van die koppie of verwyder is, 205 dooies en gewondes die volgende oggend getel. Die Boeremag was gewapen met gewere, 'n ou koperkanon en 'n ander ou kanon, waarvan nie een meer as sowat 100 meter ver kon skiet nie.