1937: DIE BRANDWAG VERSKYN

KULTUURDAGBOEK 2 FEBRUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Met die verskyning van Die Brandwag in 1937 (eers as 'n tydskrifbylae by die dagblad Die Vaderland, en vanaf September daardie jaar as selfstandige tydskrif) herleef die strewe van die eerste Afrikaanse weekblad van hoĆ« gehalte in die Noorde.  Dit het ook onder dieselfde naam, van 1910 tot 1922, die eerste pioniersbydraes in die ontwakende jong taal Afrikaans gepubliseer.

Hierdie nuwe Brandwag, begin met mnr OE Schwellnus as redakteur, het spoedig, ook onder redakteurskap van mnr AM van Schoor, gebloei tot een van die twee grootste weektydskrifte in Afirkaans. Dit het bestaan tot September 1965 toe dit as tydskrifbylae by die Sondagblad Dagbreek en Landstem in gelyf is.