KULTUURDAGBOEK 1 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie Rederykerskamer is gestig met die doel om "die welsprekendheid van die Hollandsche taal" te beoefen en "de bevordering van gezellige verkeer in kleine kring".
Op 18 Maart 1891 is die eerste uitvoering van hierdie vereniging se ideale met voordrag van gedigte en musiek gelewer. Veral die invloed van D Balfoort en sy eggenote het 'n groot rol in die lewering van pragtige musiek en sang gespeel. Dit was net so 'n geslote vereniging soos die gewone Rederykerskamer van later jare. Die vergaderplek is deurgaans aangegee as die Good Templars Hall.
Die tweejarige bestaan is deur geleentheidsdigters besing. Aan hierdie feesverrigtinge het onder andere JF Cilliers, D Balfoort en Anton van Wouw deelgeneem. Dr FV Engelenburg ontvang in 1893 van die Taalfeeskommissie 'n silwerpenning namens Onze Taal.
Die Tweede Vryheidsoorlog het Onze Taal gedwing om sy werksaamhede tydelik te staak. In Maart 1904 herleef die vereniging weer onder voorsitterskap van ds Linkbeek. Met die opkoms van Afrikaans as volkstaal was die vereniging se ondergang onvermydelik.