KULTUURDAGBOEK 30 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lord Charles Somerset, die Kaapse goewerneur, se taalproklamasie het op 5 Julie 1822 verskyn. Hiervolgens sou Engels vanaf 1 Januarie 1827 die enigste voertaal in alle geregshowe wees. Dit was deel van die Britse bewindhebbers se beleid om die Afrikaner deur middel van die Engelse taal te verengels. Somerset het op 30 Januarie 1824 'n verdere proldamasie uitgevaardig, waarin verklaar word dat Engels reeds vanaf 1 Maart van daardie jaar die enigste voertaal in die regspleging van die distrik Albaniƫ sou wees.
As rede is aangegee die feit dat die oorgrote meerderheid van die bevolking in Albanie Engelssprekend is. Wat die res van die Kaapkolonie betref, het 'n ordonnansie van 13 Desember 1826 bepaal dat Hollands, om praktiese redes, nog steeds in die howe gebruik mag word. Dit was egter bloot 'n tydelike vergunning, want 'n ordonnansie van 19 Desember 1827 het bepaal dat Engels die enigste taal sou wees in die magistraatshowe wat toe ingestel is.