1895: VOLKSKAS- OPRIGTER: JJ BOSMAN

KULTUURDAGBOEK 23 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Joseph Jacobus Bosman is op hierdie dag op Naawpoort, distrik Rustenburg, gebore. Teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog bevin hy hom saam met sy moeder entwee ouer broers in die Potchefstroomse Konsentrasiekamp. Op 19-jarige ouderdom aanvaar die jong Bosman 'n betrekking in Johannesburg waar hy as assistentboekhouer in 'n handelsonderneming hom binne enkele jare tot rekenmeester opwerk.

Later tree hy in diens by 'n rekenmeesters- en ouditeursfirma waar hy waardevolle ondervinding opgedoen het van maatskappy-administrasie.

Terwyl hy in 1921 hier werksaam was, het die idee om 'n eie Afrikaanse bank op te rig, by hom ontstaan. Hierdie gedagte het gaandeweg gestalte gekry, en in 1934 word Volkskas gestig met JJ Bosman as hoofbestuurder.

Hierdie bankgroep het gegroei tot 'n reus in die Suid-Afrikaanse volkshuishouding en het dus 'n wesenlike bydrae gelewer tot die uitbou van Afrikaner-sakebelange totdat dit deur volksvreemdes oorgeneem is, Absa genoem is, en vandag geensins die belange van die Afrikaner-volk dien nie maar hom skandelik verryk met van die hoogste bankkostes van alle banke in die land.