1896: OORGAWE VAN JAMESON

KULTUURDAGBOEK 2 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Op 29 Desember 1895 het dr LS Jameson die Transvaalse Republiek sonder provokasie uit Betsjoeanaland (Botswana) binnegeval en na Johannesburg opgeruk, voorsien van 'n skriftelike uitnodiging van die Uitlanderleiers om die "vrouens en kinders aldaar teen die Boere te beskerm".

Dit was 'n dag nĂ¡ die datum wat oorspronklik beplan was vir die uitbreek van 'n Uitlanderopstand in Johannesburg, wat deur Engeland aangegryp sou word vir die anneksasie van die Republiek, maar wat ter elfder ure uitgestel.

Aangesien Johannseburg toe nog nie in opstand was nie moes selfs die Britse Regering hierdie troepe, wat volgens beplanning die Regering met die anneksasie moes steun, as vrybuiters veroordeel. Die kommando's Potcehfstroom, Krugersdorp en Rustenburg, het die invallers op 2 Januarie 1896 na enkele skermutselings digby Krugersdorp gedwing om die wit vlag te hys. Die aanstigtersvan die beplande rebellie in Johannesburg, wat op 1 Januarie tot opstand oorgegaan en 'n 'provisionele' regergering gestig het, moes 'n week later kapituleer.